Menu terloops

Aksie

Van ‘Koek’ en ‘Taktiek’ tot ‘Die Byl’ en ‘Wyfie’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

'Koek' en 'Taktiek' is voor in die TV-koor met ses benoemings elk by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Meer

‘Die groot twis’: Johann Vermaak oor sy ‘pop, skiet en donder’-satire op die Silwerskermfees

Die akteur en poppespeler Johann Vermaak het met 'Die groot twis' ’n Afrikaanse Western met ’n retro-aanslag en ’n goeie skoot feminisme op die koop toe geskep. Dié satiriese kortprent maak eersdaags sy debuut op vanjaar se Silwerskermfees.

Meer

Redakteurskeuse vir Julie 2024: Trefferreeks ‘Elite’ se finale seisoen, ’n robot vir jou trane in meesleurende ‘Sunny’, en nog

Wat om te kyk: Die finale seisoen van die Netflix-treffer ‘Elite’, ’n manjifieke Kate Winslet in ‘The Regime’ en ’n troos-robot in ‘Sunny’ tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘House of the Dragon’ se tweede seisoen is móét-kyk TV

‘House of the Dragon’, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se boek ‘Fire & Blood’, wat sowat 200 jaar voor die gebeure van ‘Game of Thrones’ afspeel, se tweede seisoen is alles wat ons van die eerste seisoen wou gehad het – en soveel, soveel meer. 

Meer
15

15+ van die beste spanningsbelaaide polisiereekse om nou te kyk

Wat om te kyk: Daar is heelwat ander meesleurende polisie- en misdaadreekse om te stroom – hier is ons keur van die huidige bestes.

Meer

Tim Theron skop nuwe deure oop

Tim Theron is nie iemand wat kan stilsit nie, en boonop is daar vir hom niks lekkerder as om van begin tot einde deel van ʼn projek te wees nie. En twee grotes – 'Plan B' op kykNET en 'Heart of the Hunter 'op Netflix – het hom die afgelope ruk uit die kwaad gehou, vertel hy aan Riëtte van der Wat.

Meer

kykNET se ‘Plan B’ is ‘glansryke misdaadkomedie op sy beste’

'Plan B' op kykNET is ʼn 'aksiebelaaide wipwarit met ʼn lekker storielyn en sterk karakters wat jou van die eerste episode af vasgenael hou,' skryf ons resensent, Riëtte van der Wat.

Meer

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Heart of the Hunter’

Hoe lyk dit as op die stelle van TV-reekse en flieks as die kameras nie aan die rol is nie? Die akteurs grap en lag saam; die regisseur deel notas uit; iemand skuif die props weer reg... Hier is ’n blik op wat agter die skerms op die stel van die plaaslike fliek, 'Heart of the Hunter', gebeur het.

Meer

‘White Lies’: Dié whodunnit se houvas allesomvattend

Daar’s weinig TV-reekse so heerlik tergend soos ’n old school whodunnit. Een wat jou laat speurder speel en raaiskote tussendeur kinkels in die storielyn televisie se kant toe uitbasuin. Dís ‘White Lies’, M-Net se misdaaddrama met Brendon Daniels en Natalie Dormer in die hoofrolle, in ’n neutedop.

Meer

Kyk nou: Adrenalien pomp in lokprent vir Deon Meyer se ‘Heart of the Hunter’

Een man. Een missie. Een teiken. Dis aksie-satisfaksie al die pad in die lokprent vir die plaaslike fliek, ‘Heart of the Hunter’, wat op die bekroonde skrywer Deon Meyer se gelyknamige boek gegrond is.

Meer

Brendon Daniels oor ‘White Lies’ se Forty Bell: ‘Fees om vir hom lewe te gee’

Dit is nie die eerste keer wat akteur Brendon Daniels in die skoene van ’n polisieman klim nie, maar Forty Bell is steeds wêrelde anders as al dié vorige karakters, en vertolk met ’n dringendheid wat kykers by die tergende raaisels van M-Net se nuwe misdaadreeks, 'White Lies', intrek. Hy vertel meer oor sy nuwe reeks en rol.

Meer

Redakteurskeuse vir Januarie 2024: Moordraaisels, ‘Magda’ en ‘Masters of the Air’

Wat om te kyk: Van Waldemar Schultz wat terugkeer as ’n enigmatiese speurder in ‘Die Byl’ se vyfde seisoen, en Cindy Swanepoel wat haar buiging maak in die tweede seisoen van die komedie-wenner ‘Magda Louw’, tot plaaslike polisiedrama in ‘Reyka S2’ en die langverwagte epiese oorlogreeks ‘Masters of the Air’ – hier is my redakteurskeuse vir Januarie 2024.

Meer
5

Die beste TV-reekse van 2023

Van dodelike aksie tot ’n dramatiese ommekeer – dié TV-reekse tel onder terloops se topkeuses wat jy in 2023 kon (en steeds kan) stroom.

Meer
5

Dié reekse is 2023 se plaaslike bestes

Van Showmax se indrukwekkende 'Spinners' tot te veel lekker grappies op Bennie Fourie se stokkie in die komediereeks 'Taktiek' – dié plaaslike reekse tel onder ons topkeuses wat jy in 2023 kon (en steeds kan) stroom.

Meer
View trailer
Kyk lokprent

Blue Lights S1

Op Showmax

'The Guardian' het 'Blue Lights' as een van die beste reekse van die jaar bestempel.
Meer

Wat om te kyk: Raaisels volop in ‘Reacher’, ‘Platform 7’, ‘Poker Face’ en nog

Wat om te kyk: Aksie-satisfaksie in die tweede seisoen van 'Reacher'; Natasha Lyonne se briljante vertolking in 'Poker Face'; en Mark Wahlberg as ’n pa wie se sluipmoordenaar-verlede hom inhaal in die komedie, 'The Family Plan', tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

Wat om te kyk: Leuens – en bloed – loop in ‘Convict Conman’, ‘Trompoppie’, ‘Shaka’ en meer

Wat om te kyk: Gevaarlike kullery in Showmax se 'Convict Conman'; bloedspore in die nuwe Afrikaanse rillerreeks 'Trompoppie'; en ’n hervertelling van die legendariese verhale van Arthur in 'The Winter King' tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

‘Spinners’ gaan wêreld wys hoe ons hier leef, sê Chelsea Thomas

Die aksiebelaaide reeks, ‘Spinners’, bring twee akteurs van ‘Arendsvlei’ byeen. Gaan die vonke dié keer tussen Cantona James en Chelsea Thomas spat? Chelsea vertel meer oor haar rol as Amber in Showmax se 'Spinners'.

Meer

‘Spinners’: Kyk mooi, want só moet ’n storie vertel word

'Spinners', Showmax se nuwe koproduksie met CANAL+, is ’n meesterlike vertellingsreis met deurgaanse skitterende vertolkings deur van Suid-Afrika se beste akteurs en Jaco Bouwer se besonderse regie-aanslag wat kykers sal ontroer.

Meer

‘Spinners’ op Showmax: Cantona James gesels oor daai tollende wiele, toertjies, én tragedie

Sy hoofrol as as Ethan in die adrenalien- en dramabelaaide nuwe Showmax-reeks 'Spinners', het die 'Arendsvlei'-akteur Cantona James gehelp om sy eie trauma te verwerk en ou wonde te genees.

Meer

Redakteurskeuse: Adrenalien, onheil en epiese aksie

Wat om te kyk hierdie maand: Tollende motors en gevaar in Showmax se bekroonde plaaslike reeks ‘Spinners’; ‘The Crown’ begin sy sesde – en finale – uittog; en ’n epiese fliek oor Napoleon Bonaparte met Joaquin Phoenix in die hoofrol is November se redakteurskeuse.

Meer

‘Devil’s Peak’: Reeks se vertelling is tasbaar, toneelspel briljant

Jozua Malherbe se omskepping van Deon Meyer se boek, 'Devil's Peak', speel af in die smerige, skurwe kant van Kaapstad, waar ’n rou-geteisterde pa ’n bloedspoor laat wat speurder Bennie Griessel moet volg.

Meer

Wat om te kyk: Local is lekker met ‘Die Brug’, ‘Devil’s Peak’, ‘Hougaard’

Wat om te kyk: Aksiebelaaide en dramatiese tonele in M-Net se 'Devil's Peak'; die oud-Springbok Derick Hougaard stel sy kant van die saak in die dokkiereeks 'Hougaard: Liefling van Loftus'; en die nuwe kykNET-realiteitsreeks, 'Die Brug' tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Straat’

Hoe lyk dit as die kameras ophou rol? Hier is ’n blik op wat agter die skerms op die stel van die nuwe kykNET-dramareeks, 'Straat', gebeur het.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies