Menu terloops

Formula 1: Drive to Survive S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 14 Mar 2022]


‘Formula 1: Drive to Survive’ is ’n opwindende dokumentêre reeks wat ’n blik gee op wat agter die skerms by die Formule Een-wêreldkampioenskap afspeel.

Formula 1: Drive to Survive S1-4
Kyk lokprent

Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding.

Die reeks sluit onder meer onderhoude en eksklusiewe beeldmateriaal in. Die vierde seisoen is vanaf 11 Maart 2022 op Netflix beskikbaar. Hierdie keer draai dit veral om die konflik en drama wat tussen Mercedes se Lewis Hamilton en Red Bull se Max Verstappen tydens die 2021-seisoen afgespeel het. 

Max is egter een van die jaers wat besluit het om nie meer aan dié dokkiereeks deel te neem nie. Glo torring dit té veel aan die waarheid om sodoende ’n sensasionele storielyn te skep. Trouens, daar word dikwels na die reeks as doku-fiksie verwys.

Formule 1: Drive to Survive word deur die Oscar-wenner James Gay-Rees (Amy) en Paul Martin (Ronaldo) vervaardig. Hulle het ook saam aan Maradona gewerk. 

Sedert die nuwe reeks op Netflix vrygestel het, het verskeie rolspelers, waaronder ook die McClaren-jaer, Lando Norris, die vervaardigers gekritiseer vir hoe hulle met die waarheid omgaan. 

Die vervaardigers ook hewig deur omdat hulle blatant van die gesprekke oor die spanradios in onverwante tonele gebruik. Ook vir die wanvoorstellings wat van verhoudings tussen jaers, spanmaats en spanbestuurders geskep word. ’n Knip-en-plak-situasie met ’n reuse-begroting…Diesnieteenstaande word die reeks ook geprys vir hoe dit meer aanhangers na die sport gelok het.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies