Menu terloops

Evita in Excelsior 

Op DStv [Gepubliseer op 10 Jan 2023]


‘Evita in Excelsior’ is ’n dramedie van vier episodes en in ’n dokumentêre styl geskiet.

Evita in Excelsior 
Kyk lokprent

In Evita in Excelsior is Tannie Evita is nou al 87 jaar oud – haar stories en herinneringe is volop. Daarom hark sy haar ou staatmaker en persoonlike assistent, Bokkie Bam, nader om aan haar outobiografie te help skryf. Dit lei natuurlik tot ’n paar reise down memory lane… én die uitlap van ’n hele paar geheime.

Intussen woon Tannie Evita se drie kleinkinders, Winnie-Jeanne (19), Nelson-Ignatius (16) en LaToya-Ossewania (13) by haar in Excelsior – ’n ou herehuis in Johannesburg wat sy namens die ANC bestuur. Tussendeur herinneringe opdiep, moet sy dus ook met die tieners se probleme en moderne opinies byhou.

Evita in Excelsior sluit van Tannie Evita Bezuidenhout se geliefde storiemonoloë in. Daar is ook ’n paar ikoniese onderhoude wat aan haar belangrike bydrae tot Suid-Afrika herinner.

Die rolverdeling sluit in Pieter-Dirk Uys as Tannie Evita, Lizz Meiring as Bokkie Bam, Vinette Ebrahim as Ella, Royston Stoffels as Cecil, asook Brümilda van Rensburg, Hannes van Wyk, Martin Kluge, Veronique Jepthas, René Cloete, Ayden October, Brent Vermeulen en Tevin Musara.

Tinarie Van Wyk-Loots het die regie behartig. 

Kyk vanaf 10 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), op DStv Online of op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies