Menu terloops

Evita in Excelsior 

Op DStv [Gepubliseer op 10 Jan 2023]


‘Evita in Excelsior’ is ’n dramedie van vier episodes en in ’n dokumentêre styl geskiet.

Evita in Excelsior 
Kyk lokprent

In Evita in Excelsior is Tannie Evita is nou al 87 jaar oud – haar stories en herinneringe is volop. Daarom hark sy haar ou staatmaker en persoonlike assistent, Bokkie Bam, nader om aan haar outobiografie te help skryf. Dit lei natuurlik tot ’n paar reise down memory lane… én die uitlap van ’n hele paar geheime.

Intussen woon Tannie Evita se drie kleinkinders, Winnie-Jeanne (19), Nelson-Ignatius (16) en LaToya-Ossewania (13) by haar in Excelsior – ’n ou herehuis in Johannesburg wat sy namens die ANC bestuur. Tussendeur herinneringe opdiep, moet sy dus ook met die tieners se probleme en moderne opinies byhou.

Evita in Excelsior sluit van Tannie Evita Bezuidenhout se geliefde storiemonoloë in. Daar is ook ’n paar ikoniese onderhoude wat aan haar belangrike bydrae tot Suid-Afrika herinner.

Die rolverdeling sluit in Pieter-Dirk Uys as Tannie Evita, Lizz Meiring as Bokkie Bam, Vinette Ebrahim as Ella, Royston Stoffels as Cecil, asook Brümilda van Rensburg, Hannes van Wyk, Martin Kluge, Veronique Jepthas, René Cloete, Ayden October, Brent Vermeulen en Tevin Musara.

Tinarie Van Wyk-Loots het die regie behartig. 

Kyk vanaf 10 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), op DStv Online of op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies