Erns Grundling stap die Tuinroete in die vyfde nuwe seisoen van Elders.
Op pad gesels hy met plaaslike bekendes wat ’n band met die gebeid het. Daaronder tel die akteur Frank Opperman en OppieStoep-aanbieder Lyntjie Jaars. Hy het ook met voormalige kykNET-kanaalhoof Karen Meiring, en voormalige Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela gesels.
Erns en die kameraspan het meer as 270 km vanaf Uniondale tot Mosselbaai, oor die loop van sowat ’n maand, afgelê.
Elders: Tuinroete bestaan uit 13 episodes. Kyk die vorige Elders-seisoene op Showmax.
Weeklikse episodes vanaf Maandag, 4 Julie, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online, asook Catch Up.