Menu terloops
In Wat om te kyk [25 Jun 2024]

‘Een keer om die son’: 5 redes om nuwe Afrikaanse gesinsdrama te kyk


kykNET se nuwe gesinsdrama, ‘Een keer om die son’, met die akteurs en storievertellers Ivan Botha en Donnalee Roberts aan die stuur van dié reeks, begin hierdie week op kykNET. Hier is vyf redes hoekom jy moet kyk.

‘Een keer om die son’: 5 redes om nuwe Afrikaanse gesinsdrama te kyk
Kyk lokprent

Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jarige Leandri, en Sophia wat 8-jaar oud is. Amé Cloete is Ruan se suster en ’n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete, die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian, ’n insekkunde-professor, en Elma, besit ’n tuisnywerheid. Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag.

1

Ivan Botha en Donnalee Roberts aan’t stuur van sake

Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos Pad na jou hart, Stroomop en Blindelings, se eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films vervaardig het. Ivan is die regisseur van Een keer om die son, en hy en Donnalee is medeskrywers van die reeks saam met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger. Donnalee is ook as Amé Cloete te sien in die reeks, wat in en om Kaapstad verfilm is.

2

Die hele gesin kan saam na die reeks kyk

Een keer om die son is volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar en elk van die 12 episodes beeld ’n maand in hul lewe uit. Daar is ook terugflitse om te wys hoe hulle beland het waar hulle is.

3

Daar is  ’n sterbelaaide rolverdeling 

Jacques Bessenger is dr. Ruan van Wyk, ’n neurochirurg. Jana Kruger is Lani van Wyk, Jacques se vrou en ma van hulle drie kinders. Liam Bosman is Markus van Wyk. Hy is 17 jaar oud en in matriek. Alma van Heerden is Leandri van Wyk, 15 jaar oud en in graad 9. Klara van Zyl is Sophia van Wyk. Sy is agt jaar oud. Sy ontsnap in haar eie fantasiewêreld om sin te maak van wat om haar aangaan.

Een keer om die son
Liam Bosman as Markus van Wyk in Een keer om die son. Foto: Verskaf

Donnalee Roberts is Amé Cloete, ’n 36-jarige hoof- uitvoerende finansiële bestuurder. Ludwig Binge is Joshua Cloete (38), die eienaar van ’n galery en ’n kurator. Albert Maritz is prof. Sebastian van Wyk (67), ’n professor in entomologie (insekkunde) en Ruan en Amé se pa. Joanie Combrink is die 67-jarige Elma van Wyk, Sebastian se vrou en Ruan en Amé se ma. Sy besit ’n tuisnywerheid.

Susanne Beyers en Pierre van Pletzen is Salie en Jan Wessels, Sebastian en Elma se goeie vriende. Alex van Dyk is Xavier, 17 jaar oud en in graad 11. Hy is die cool kid op skool, steur hom glad nie aan reëls nie en het ’n oog op Leandri. Ander spelers sluit in Simone Neethling as Charlie, die leier van die dansgroep, Lee-Ann van Rooi as dr. Beth Hendricks, hoof van neurochirurgie, Adriaan Havenga as dr. Jean Petersen, wat besig is met sy opleiding as neurochirurg, Bennie Fourie as Coach Cilliers, Antoinette Louw as Juffrou Marianne, Sophia se graad 2-juffrou, en Amalia Uys as die kunstenaar Sage Jones. 

een keer om die son
Jana Kruger as Lani van Wyk in Een keer om die son. Foto: Verskaf
4

’n Gedugte span agter die skerms

Die hoof van die onderskeie spanne agter die skerms is Eduan Kitching (kinematografie), Igshaan Mohamed (beligting), Sebastian Scheepers (klank), Bathoni Robinson (kunsregie), Hanri Neethling (grimering) en Barbara Brasington (kostuums). 

5

’n Reeks wat saam met die seisoene vloei

Een keer om die son speel af in die vier seisoene van die jaar en is in en om Kaapstad verfilm en elke episode verteenwoordig een maand in die Van Wyk-familie se lewe. Die kleurgradering van elke seisoen is aangepas om by elkeen van die seisoene te pas – met ander woorde, herfskleure vir herfs, grys en blou vir winter, sagte pastelle vir lente, en helder kleure vir somer. Die natuur en natuurelemente speel ’n belangrike rol in die reeks.


Kyk Een keer om die son vanaf Dinsdag, 25 Junie, op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies