Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Nov 2021]

Domina


‘Domina’ vul die moorddadige gat wat ‘Game of Thrones’ agtergelaat het.

Kyk nou

Domina
Kyk lokprent

Domina is die verhaal van Livia Drusilla (gespeel deur die bekroonde Poolse aktrise Kasia Smutniak), die magtige vrou van die Romeinse Keiser Augustus. Kyk ook uit vir Liam Cunningham (Ser Davos in Game of Thrones), Claire Forlani (CSI: New York), en Tom Glynn-Carney (Dunkirk).

Domina het ’n gradering van 88% op Rotten Tomatoes. The Guardian het geskryf: “Hierdie Romeinse epiese drama vul die gat wat Game of Thrones gelos het. Dit het ’n puik rolverdeling, ’n groot begroting en is propvol moord, doodslag en rugstekery. Mense sê ook ‘My liege!’ gereeld, so wat is daar om nié van te hou nie.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van mediese dramas

‘This Is Going To Hurt’ – die geloofwaardige mediese dramareeks wat ons nodig het

'This is Going to Hurt' is by tye soos ’n emmer koue water oor jou kop – tog, so hard en grusaam as wat dit kan wees, is dit ook eerlik, rou, en (genadiglik) snaaks.

Meer

Wat om te kyk op DStv in Augustus 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die tweede seisoen van die lag-uit-jou-maak-uit heerlike komedie, 'Hacks'; die mag van vroue in 'Run the World'; en die geloofde dramareeks 'Gentleman Jack' se tweede uittog.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Augustus 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Kim Engelbrecht in 'Reyka', die nuwe wetenskapfiksiereeks 'La Brea' en ’n waremisdaaddokkie wat jou jou eie geheue sal laat bevraagteken.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Augustus 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Arnold Vosloo bult sy spiere in dié platform se eerste Afrikaanse reeks, 'Ludik'; jong liefde blom in 'Never Have I Ever'; 'Lock & Key' se storie sluit af met die derde en laaste seisoen.

Meer
Sien alle opsies