Menu terloops
In Gons [7 Jun 2024]

Kyker-gunsteling keer terug na ‘Diepe Waters’


Een van kykers se gunsteling-sepieakteurs, Mandi du Plooy-Baard, keer terug na onse sepiewêreld as sy die rol van Theresa in ‘Diepe Waters’ hervat.

Stroom 'Diepe Waters'

Kyker-gunsteling keer terug na ‘Diepe Waters’

Die aktrise Mandi du Plooy-Baard, veral bekend vir haar rolle in Getroud met Rugby en Egoli, hervat vanaf Maandag, 10 Junie, haar rol as Theresa in Diepe Waters. Sy en Jacques (Werner Coetzer) was mos jare gelede kortstondig saam en sy het swanger geraak. Jacques se pa, Gys, was toe woedend en hulle moes die swangerskap wegsteek. Dit het uiteindelik uitgekom dat Johan, wat Sanet en Rossouw as hul eie kind grootgemaak het, die baba is wat weggesteek is. Nou is Theresa terug… Maar hoekom?

Mandi vertel meer oor haar terugkeer tot die Diepe Waters-stel.

DIEPE WATERS, Mandi du Plooy-Baard
Mandi du Plooy-Baard se Diepe Waters-karakter, Theresa, keer terug en dit lyk asof Jacques heel gelukkig daaroor is… Foto: Verskaf

Kykers het al vir Theresa leer ken, maar vertel ons meer van wat ons hierdie keer kan verwag?

‘Hierdie keer ontmoet hulle ’n nuwe Theresa. Oftewel, die ware Theresa. Dit beteken nie alles verloop maklik en vlot nie, maar haar hart is ligter en sy is vasbeslote om haarself weer te vind en haar lewe terug te wen.”

Wat geniet jy van dié rol?

“Ek is mal oor die diepte van my karakter. Die seer in haar donkerste tyd, haar vrese, maar ook haar egte menswees. Dit is ’n karakter wat vir mens die geleentheid bied om wonderlike storielyne aan te pak en belangrike stories te vertel wat gehoor moet word.”

Mandi du Plooy-Baard as Theresa in Diepe Waters. Foto: Verskaf

Glo jy dat geheime altyd ’n manier het om op die lappe te kom?

“Sjoe, dis moeilik. Ek dink so, ja, want ek kan nie dink hoe mense eerstens so opgekrop kan loop nie. En ek weet nie hoé mense al die leuens kan onthou nie.”

Wat is die geheim of onopgeloste saak waaroor jy die nuuskierigste is?

“Madeleine McCann, die meisie wat in Brittanje weggeraak het en Inge Lotz se moordsaak. Ná al hierdie jare spook dit nog by my. Ek kan my nie indink dat hulle arme ouers steeds nie closure kan kry nie.”

Buiten in jou rol as Theresa, waar anders kan ons jou sien?

“Ek doen gereeld oorklankingswerk en motiveringspraatjies en is ook tans besig om aan Leon van Nierop se nuutste radiovervolgverhaal te werk. Radioteater is beslis ’n hoogtepunt vir my en iets wat ek elke dag sal kan doen. Verder is ek mamma, so dit hou my baie besig!”

Teenoor wie sal jy nog wil speel?

“Ek het al die voorreg gehad om teenoor ongelooflike Suid-Afrikaanse akteurs te speel en by hulle te leer. Dit bly ’n lekkerte om vir die eerste keer saam met iemand te werk, hetsy nuwe talent of ouer, ervare akteurs. Maar ek dink tog ek neig na ’n Hollywood-akteur of twee. Soos Sandra Bullock – ek is mal oor haar as aktrise – en Gerard Butler, oor wie ek sekerlik nie nodig het om oor uit te brei nie…”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies