Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Des 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Januarie 2025


Rossouw het erg, erg, erg verbrou en Zelda wil vir René uit Gys se lewe hê. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Januarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Woensdag, 1 Januarie

Die Swarts-familie is op hulle senuwees, want Theresa is vandag voor die hof. Gys ontdek dat Rossouw ontrafel. René is ontsteld as sy hoor Lucas het vir Fourie ontmoet.

Donderdag, 2 Januarie

Rossouw bieg aan Pam en Gys oor sy ontrouheid. Regter du Toit gee sy uitspraak. Nelius verseker René dat haar geheim veilig is.

Maandag, 6 Januarie

Tommie se plan om Tomi te ondersteun loop skeef wanneer Henno by die betoging opdaag. Karla sê vir Rossouw wat sy van sy gedrag dink. René loop Fourie raak.

Dinsdag, 7 Januarie

Rossouw neem aksie om vir Anja terug te wen. Tomi en Tommie dryf verder weg van mekaar. René se geheim dreig om uit te kom.

Woensdag, 8 Januarie

Henno se bekommernisse neem toe namate die betoging in die park momentum kry. Fourie soek antwoorde by Nelius. Sanet reageer op skokkende nuus van Anja.

Donderdag, 9 Januarie

René is bekommerd oor wat in die Bester-huishouding gesê is. Rossouw sukkel met sy hartseer. Tomi se protes dra gevolge.

Maandag, 13 Januarie              

René vermoed Juvan het vir Lucas van haar en Nelius se geheim vertel. Henno sê vir Tommie hy’s nog nie klaar met Tomi nie. 

Dinsdag, 14 Januarie

Tommie staan op teen sy pa. Fourie verneder vir René in die openbaar en Karla is bang Rossouw verloor dit weer. 

Woensdag, 15 Januarie

Rossouw besluit om aksie te neem en homself uit sy depressie te help. Sanet is geskok, en Gys troos vir René.

Donderdag, 16 Januarie

Karla en Tomi kry nuus oor die betoging. ’n Bekende gesig is terug in Boskruin, en dinge raak gespanne tussen Gys en Zelda.

Maandag, 20 Januarie

Fourie stel ’n eis wat Juvan se hart breek. Nina skraap die moed bymekaar om weer by die Swartmarlyne aan te sluit.

Dinsdag, 21 Januarie

Karla raai Juvan aan om ’n kompromie met sy pa aan te gaan. Nina sukkel om haar ritme in die swembad te vind.

Woensdag, 22 Januarie

Lucas wil met Fourie praat oor sy uitbarsting. Zelda beraam ’n plan om René uit Gys se lewe te kry. 

Donderdag, 23 Januarie

Juvan sukkel met die geheim, en Nina vind uit van Sanet en Wim se verhouding. Rossouw is besig om te genees.

Maandag, 27 Januarie

Zelda voel onseker oor Gys en René se vriendskap. Gys dink Lucas benodig ’n sterk pa-figuur in sy lewe.

Dinsdag, 28 Januarie

Rossouw se nuwe leefstyl toets vir Sanet. Lucy por Nina aan om haar vyand in die water aan te vat.

Woensdag, 29 Januarie

Die spanning tussen Karla en Nina bou. Rossouw se stokperdjie neem Sanet se huis oor.

Donderdag, 30 Januarie

Die geveg tussen Nina en Karla raak intens. Lucas is in vir die skok van sy lewe. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies