Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Des 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Januarie 2025


Rossouw het erg, erg, erg verbrou en Zelda wil vir René uit Gys se lewe hê. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Januarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Woensdag, 1 Januarie

Die Swarts-familie is op hulle senuwees, want Theresa is vandag voor die hof. Gys ontdek dat Rossouw ontrafel. René is ontsteld as sy hoor Lucas het vir Fourie ontmoet.

Donderdag, 2 Januarie

Rossouw bieg aan Pam en Gys oor sy ontrouheid. Regter du Toit gee sy uitspraak. Nelius verseker René dat haar geheim veilig is.

Maandag, 6 Januarie

Tommie se plan om Tomi te ondersteun loop skeef wanneer Henno by die betoging opdaag. Karla sê vir Rossouw wat sy van sy gedrag dink. René loop Fourie raak.

Dinsdag, 7 Januarie

Rossouw neem aksie om vir Anja terug te wen. Tomi en Tommie dryf verder weg van mekaar. René se geheim dreig om uit te kom.

Woensdag, 8 Januarie

Henno se bekommernisse neem toe namate die betoging in die park momentum kry. Fourie soek antwoorde by Nelius. Sanet reageer op skokkende nuus van Anja.

Donderdag, 9 Januarie

René is bekommerd oor wat in die Bester-huishouding gesê is. Rossouw sukkel met sy hartseer. Tomi se protes dra gevolge.

Maandag, 13 Januarie              

René vermoed Juvan het vir Lucas van haar en Nelius se geheim vertel. Henno sê vir Tommie hy’s nog nie klaar met Tomi nie. 

Dinsdag, 14 Januarie

Tommie staan op teen sy pa. Fourie verneder vir René in die openbaar en Karla is bang Rossouw verloor dit weer. 

Woensdag, 15 Januarie

Rossouw besluit om aksie te neem en homself uit sy depressie te help. Sanet is geskok, en Gys troos vir René.

Donderdag, 16 Januarie

Karla en Tomi kry nuus oor die betoging. ’n Bekende gesig is terug in Boskruin, en dinge raak gespanne tussen Gys en Zelda.

Maandag, 20 Januarie

Fourie stel ’n eis wat Juvan se hart breek. Nina skraap die moed bymekaar om weer by die Swartmarlyne aan te sluit.

Dinsdag, 21 Januarie

Karla raai Juvan aan om ’n kompromie met sy pa aan te gaan. Nina sukkel om haar ritme in die swembad te vind.

Woensdag, 22 Januarie

Lucas wil met Fourie praat oor sy uitbarsting. Zelda beraam ’n plan om René uit Gys se lewe te kry. 

Donderdag, 23 Januarie

Juvan sukkel met die geheim, en Nina vind uit van Sanet en Wim se verhouding. Rossouw is besig om te genees.

Maandag, 27 Januarie

Zelda voel onseker oor Gys en René se vriendskap. Gys dink Lucas benodig ’n sterk pa-figuur in sy lewe.

Dinsdag, 28 Januarie

Rossouw se nuwe leefstyl toets vir Sanet. Lucy por Nina aan om haar vyand in die water aan te vat.

Woensdag, 29 Januarie

Die spanning tussen Karla en Nina bou. Rossouw se stokperdjie neem Sanet se huis oor.

Donderdag, 30 Januarie

Die geveg tussen Nina en Karla raak intens. Lucas is in vir die skok van sy lewe. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies