Oktober in Diepe Waters bring nuwe uitdagings en verrassings vir baie van die karakters.
Sanet se wêreld wankel
Ná die groot skok dat Fourie nog getroud is en haar wêreld in duie gestort het, probeer Sanet sterk te wees. Dit raak egter gou duidelik dat sy hulp nodig het en haar gedrag trek al meer aandag. Dié wat naaste aan haar is, probeer op hul eie maniere om haar by te staan.
Juvan se pad raak gevaarlik
Intussen is Juvan se optrede ’n bron van kommer vir Nina en Gys. Sy onstuimige gedrag plaas druk
op almal rondom hom. Vir Nina beteken dit om haar eie grense te toets. En vir Gys om homself af te
vra hoe ver hy bereid is om te gaan om te help. Uiteindelik plaas Juvan se impulsiewe en onvoorspelbare besluite nie net homself nie, maar ook die mense wat vir hom omgee, in moeilike situasies.
Hanneli vind haar stem

Die jong digter ontdek nuwe selfvertroue en durf om haar poësie te deel. Sy besef egter gou dat nie almal haar drome en aspirasies ondersteun nie.
Josh kom op die toneel
Een spesifieke persoon is bly om hom te sien, maar Rossouw sukkel om sy teenwoordigheid te aanvaar – hoe lank voordat hulle koppe stamp?
Frans draai Zelda se wêreld op sy kop

Zelda, wat bekend is vir haar slinksheid, word onverwags gekonfronteer met gevoelens en situasies wat sy nie maklik kan manipuleer nie. Haar teenwoordigheid op Gys se erf bring weer spanning, veral wanneer Frans onverwags in die prentjie verskyn. Dit skep interessante nuwe dinamiek wat vir Pam en die Swarts-broers moeilik is om te ignoreer.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.