Daar’s heelwat emosionele draaie, skokkende kinkels en spanningsvolle oomblikke wat kykers op die punt van hul stoele dié maand sal hou. Hier is vyf storielyne om dop te hou.
Sanet by ’n keerpunt
Met nuwe uitdagings by Skinvestment Linden en onverwagse gevoelens wat haar beïnvloed, moet Sanet hierdie maand groot besluite neem wat alles kan verander.
Danie se gevaarlike obsessie
Danie se vasberadenheid om sterker te word en Marco te oortref, dryf hom tot uiterstes.

Karla en Arno se verhouding op die proef gestel
Is die honeymoon period dan nou reeds so vinnig verby? Karla en Arno se gewoontes en klein meningsverskille lei tot spanning in hul verhouding wat die harmonie van hul romanse bedreig.
Die verlede kom spook…
Iemand daag in Boskruin op wat probleme vir verskeie van die karakters veroorsaak. Geheime en mededinging broei onder die oppervlakte en dreig om selfs die kleinste meningsverskil tussen karakters in iets baie groter te verander.
Lettie en Henry se uitdagings
Soos Lettie en Henry beplan en voorberei om pleegouers te word, is daar ook konflik wat ontstaan met geduld én emosies wat getoets word.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.