Menu terloops
In Sepies [3 Feb 2026]

‘Diepe Waters’: Dié 5 storielyne sorg vir drama in Februarie


Spanning loop hoog in Boskruin wanneer die vete tussen Marco en Sam uiteindelik breekpunt bereik, en Gys homself in die middel van verskeie professionele én persoonlike vure bevind…

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Diepe Waters’: Dié 5 storielyne sorg vir drama in Februarie

Terwyl Pam en Zelda met briljante planne vorendag kom om hul veldtogte ’n hupstoot te gee, moet Gys vinnig dink om skadebeheer toe te pas. Intussen wonder die Viljoen-kinders of Schalk se skielike begeerte om te verander opreg is… Hier is die storielyne wat vandeesmaand die dramabelaaide toon aangee in die kykNET-telenovela Diepe Waters

1

Strategiese veldtogte 

Pam en Zelda span kragte saam met ’n “briljante idee” om hul veldtog ’n hupstoot te gee, maar Gys moet vinnig spring om skadebeheer te doen.

Diepe Waters
Wat is Pam en Zelda se briljante nuwe idee? Foto’s: Skermgrepe
2

Die raaisel rondom Schalk

Terwyl Schalk beweer hy wil verander, bly die Viljoen-kinders skepties. Sy groeiende woede en dreigende teenwoordigheid dui ook op moeilikheid. Wie sal kan staande bly soos Schalk se invloed soos ’n donker wolk oor Boskruin saambondel?

Diepe Waters
Het Schalk werklik ’n nuwe blad omgeslaan? Of vat hy net almal vir ’n pop?
3

Nuwe bloed by die Swartmarlyne

’n Nuwe atleet sluit by die span aan, en Rene mors nie enige tyd om vir Liam ’n aanbod te maak terwyl sy meer oor sy geskiedenis uitvind nie.

4

Siseko se skok 

Tussen skokkende nuus en ’n onaangename verrassing, word Siseko se wêreld heeltemal omgekeer. 

5

Chaos in die park 

Net wanneer die Viljoens glo die slegte tye is verby, neem Leandri se funksie in die park ’n onverwagte wending wat almal onkant vang.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies