Menu terloops
In Wat om te kyk [23 Aug 2023]

‘Boer Soek ’n Vrou’ se Marciel: ‘Liewe Boere… gryp dié kans op ware liefde aan’


’n Besonderse kans om ware liefde te vind en in vrede toegevou te word – in haar brief aan Suid-Afrika se enkellopende boere, deel aanbieder Marciel Hopkins hoekom hulle – dalk selfs jy – vir ‘Boer soek ’n Vrou moet inskryf.

Stroom vorige seisoene

‘Boer Soek ’n Vrou’ se Marciel: ‘Liewe Boere… gryp dié kans op ware liefde aan’

Liewe Boere

Een van my belangrikste motto’s in die lewe is: Life is for living! Ek wil aan die einde van my lewe kan staan en sê dat ek elke geleentheid aangegryp het wat oor my pad gekom het en die heel beste daarvan gemaak het. Ek wil keuses maak wat my uitdaag en ek wil die onbekende verken. Want is dít nie juis waaroor hierdie een lewe gaan nie? Om hom voluit en vreesloos te leef!?

Die Boer Soek ’n Vrou-platform is vir my só ’n eens in ’n leeftyd-geleentheid, so hoekom dan nou nié!? Ek al het die voorreg gehad om met 30 boere die pad te stap, en het gesien hoe die ervaring elkeen van hul lewens op ’n radikale manier positief beïnvloed. Ons hoop natuurlik dat elke boer liefde deur die program vind, maar ons kyk nooit die ongelooflike persoonlike groei wat vir elkeen plaasvind mis nie. Elke boer se paadjie lyk anders, maar elkeen stap wel ’n meer selfversekerde weergawe van hulself aan die ander kant uit. Jy het niks om te verloor nie, inteendeel, jy kan net ongelooflik baie van jouself en die liefde leer.

Die naweek wat verby is, het ons die 12de verlowing uit drie seisoene gevier. Dit is meer as ’n derde van die boere wat al verloof geraak het! So vertrou my as ek sê, die proses is so ontwerp om jou die heel beste kans te gee om jou lewensmaat te ontmoet as jou hart daarvoor reg is. Daar is geen groter Afrikaanse maatsoek-platform in ons land wat vir jou soveel blootstelling sal gee as Boer Soek ’n Vrou nie, en die keuse lê in die palm van jou hand.

So ek daag jou uit om vandag nog daardie aansoekvorm af te laai, in te vul en om opgewonde te raak oor die kans van ’n leeftyd wat vir jou wag. Daar is niks so mooi soos ware liefde en hoe dit ’n mens kom toevou in vrede nie. Noú is jou tyd, noú is die oomblik. Ek sien regtig daarna uit om hierdie opwindende liefdesreis saam met jou aan te pak, liewe Boer.

Tot ons mekaar dan op die plaas ontmoet, hou ek solank my vellies gereed.

Groete,

Boer Soek ’n Vrou se eie cupido,
Marciel Hopkins


Vorige seisoene van dié reeks is tans op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies