Menu terloops

Barry S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Apr 2023]


In ‘Barry’ vertolk Bill Hader die rol van ’n huurmoordenaar wat heel toevallig sy passie vir toneelspel in uiters ongewone omstandighede ontdek.

Kyk nou

Barry S1-4
Kyk lokprent

Barry se vierde seisoen keer na Showmax terug met ’n punt van 99% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Variety bestempel dit as “’n meesterstuk… Snaakser en skerper as ooit” en meen die hoofkarakter is een van die boeiendste protagoniste tans op TV.

Met die komedie-genie Bill Hader in die skoene van Barry, ’n huurmoordenaar wat ’n onverwagte en onwaarskynlike liefde vir toneelspel ontdek, is dit maklik om saam te stem.

Die reeks is ’n mengelmoes van alles wat ons mens maak. Ook ons onvervulde lewensdrome. Soos as Barry sy ware passie in die ontdek, maar sukkel om die bloed van sy hande te was en sy ou lewe agterweë te laat. Die eerste twee seisoene het ses Emmy-toekennings ontvang, waaronder vir beste akteur in ’n komediereeks vir Hader.  

Kyk al vier seisoene nou op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies