Menu terloops

Barry S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jul 2022]


In ‘Barry’ vertolk Bill Hader die rol van ’n huurmoordenaar wat heel toevallig sy passie vir toneelspel in uiters ongewone omstandighede ontdek.

Kyk nou

Barry S1-3

Barry se derde seisoen keer na Showmax terug met ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Variety bestempel dit as “’n meesterstuk… Snaakser en skerper as ooit” en meen die hoofkarakter is een van die boeiendste protagoniste tans op TV.

Met die komedie-genie Bill Hader in die skoene van Barry, ’n huurmoordenaar wat ’n onverwagte en onwaarskynlike liefde vir toneelspel ontdek, is dit maklik om saam te stem.

Die reeks is ’n mengelmoes van alles wat ons mens maak. Ook ons onvervulde lewensdrome. Soos as Barry sy ware passie in die ontdek, maar sukkel om die bloed van sy hande te was en sy ou lewe agterweë te laat. Die eerste twee seisoene het ses Emmy-toekennings ontvang, waaronder vir beste akteur in ’n komediereeks vir Hader.  

Barry is reeds vir ’n vierde seisoen hernu.

Al drie seisoene is nou op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van mediese dramas

‘This Is Going To Hurt’ – die geloofwaardige mediese dramareeks wat ons nodig het

'This is Going to Hurt' is by tye soos ’n emmer koue water oor jou kop – tog, so hard en grusaam as wat dit kan wees, is dit ook eerlik, rou, en (genadiglik) snaaks.

Meer

Wat om te kyk op DStv in Augustus 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die tweede seisoen van die lag-uit-jou-maak-uit heerlike komedie, 'Hacks'; die mag van vroue in 'Run the World'; en die geloofde dramareeks 'Gentleman Jack' se tweede uittog.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Augustus 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Kim Engelbrecht in 'Reyka', die nuwe wetenskapfiksiereeks 'La Brea' en ’n waremisdaaddokkie wat jou jou eie geheue sal laat bevraagteken.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Augustus 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Arnold Vosloo bult sy spiere in dié platform se eerste Afrikaanse reeks, 'Ludik'; jong liefde blom in 'Never Have I Ever'; 'Lock & Key' se storie sluit af met die derde en laaste seisoen.

Meer
Sien alle opsies