Menu terloops

Resultate vir kokkedoor

‘Kokkedoor: Son & see’: Dié pa en dogter het storm vol herinneringe los gekook!

'Kokkedoor: Son & see' se topprys was nou nie Andrew en Leoné beskore nie, maar vir dié pa-en-dogter-span was die ervaring self goud werd.

Meer

Die beste kookwenke uit die ‘Kokkedoor: Son & see’-kombuis

Nes 'Kokkedoor: Son & see' se deelnemers, kon kykers ook baie kombuis-wysheid inneem soos die seisoen uitgespeel het. Ons het nagenoeg 30 van die beste wenke saamgevat.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Die span van Aberdeen wen groot – als wat jy ná die laaste episode moet weet

Ongelukkig het die uurglas nou leeggeloop vir die eerste seisoen van 'Kokkedoor: Son & see' se lieflike kosreis.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: En hier is die wenners! 

In die finale episode van ‘Kokkedoor: Son & see’ was albei spanne se nerwe behoorlik aan flenters, maar aan moed en geesdrif het daar niks geskort nie – ook nie toe hulle besef elke span moet vir 25 gaste bederfkos voorsit nie. Maar daar kon net een wenspan wees: Hanna van der Westhuizen en haar seun, Dirk!

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Volstoom vorentoe na die wenstreep vir die laaste twee spanne

Week ná week het ‘Kokkedoor: Son & see’-kykers saam met die spanne die sweet afgevee ná elke fenomenale uitdaging. En natuurlik saam ook ’n traan of twee gestort wanneer daardie gesogte voorskote finaal opgehang moes word. Ons kyk terug voordat die laaste episode vandeesweek uitgesaai word. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Dié twee spanne kook in die finaal – als wat jy oor episode 7 moet weet

’n Uitmergelende uitdaging het die oorblywende drie spanne op die proef gestel in vandeesweek se episode van ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Dié ma en dogter maak saam ‘magic’ in die kombuis

Die einde is in sig, maar eers moes die oorblywende drie spanne een van die uitmergelendste uitdagings nog afhandel. En dit was Caroline Linde en haar dogter, Anél van Niekerk, wat ongelukkig nie die mas kon opkom nie. Dié ma-en-dogter-span vertel oor hul tyd saam agter die kospotte op ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Souttert, slaai en koebaai meraai! Als wat jy oor episode 6 moet weet

Soutterte en ’n sewelaag-slaai was op vandeesweek se spyskaart vir die oorblywende vier spanne in ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Om saam met my ma te kook, is een van die grootste voorregte in my lewe’

Daar is altyd ’n span wat moet groet en dit raak al moeiliker soos die tyd aanstap en die ‘Kokkedoor’-kameraderie al sterker word. Dié week was dit Shireen Kadalie en haar seun, RJ, wat moes groet. Dié ma-en-seun-span vertel meer oor hul ervaring op 'Kokkedoor: Son & see'.

Meer

Hannes van Wyk sorg vir ’n kinkel in die ‘Kokkedoor: Son & see’-kabel

Hy's ’n man van vele talente, maar vir sy kookvernuf is hy nou nie juis bekend nie –en presies daarom het Hannes van Wyk se 'Kokkedoor: Son & see'-besoek die spanne onkant gevang...

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Koekstruif kry vyf nuwe baadjies – als wat jy oor episode 5 moet weet

In vandeesweek se episode van 'Kokkedoor: Son & see' moes die vyf oorblywende spanne nuwe feesvlerke aan koekstruif (trifle) gee.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Bord kos soveel meer as net iets om te eet’

In die vyfde episode van kykNET se koswerklikheidsreeks ‘Kokkedoor: Son & see’ is die ma-en-dogter-span, Yvette en Fran, se feestelike vlerke deur ’n mislukte koekstruif geknip...

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Vakansiepot… of flop? Als wat jy oor episode 4 moet weet

Pannekoeke en eenskottelgeregte was op vandeesweek se spyskaart vir die oorblywende ses spanne in ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Eet, kook en leef… familie bo alles!’

Eers het hul pannekoeke geflop en toe kom hulle die flaters van alle flaters in die kombuis oor – hul hoender was nog rou… Maar hulle het elke oomblik op die stel van ‘Kokkedoor: Son & see’ terdeë geniet, sê die pa-en-dogter-span Frans en Una-Belle van Wyk: “Dankie aan julle wat ons lewe so vol gemaak het.”

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Kom ons braai! Als wat jy van episode 3 moet weet

In die derde episode van 'Kokkedoor: Son & see' moes die oorblywende sewe spanne die braaivleisvure aansteek en wys hoe hulle met ’n steak kan toor. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Kook met jou hart, wen met jou kop’

“Wanneer dinge in die kombuis warm geraak het, het my pa my net met daai blik van hom aangekyk, en dan wéét ek: ‘Hou kop, moenie stres nie'," vertel Stefvan oor sy 'Kokkedoor: Son & see'-ervaring saam met sy pa, Anton, nadat dié span in vandeesweek se episode hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Die verlede ontmoet die hede met die eerste ‘Kokkedoortjie’-wenner op die stel 

Die gasbeoordelaar vir vandeesweek se episode van 'Kokkedoor: Son & see' weet maar al te goed hoe warm dit werklik in die Kokkedoor-stoor kán word, al was hy destyds net ’n skrale 13-jarige oue knapie met ’n groot liefde vir die kombuis. Jip, Edwin Theron van ‘Kokkedoortjie’ kom kuier! 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’ se Ronélle: ‘My hart het in my keel geklop…’

"Ja, ons koekie het gekrummel en die dough het geflop, maar... dit bly deel van my leerproses, ’n oomblik met ’n traan en ook ’n klein glimlag,” vertel Ronélle de Klerk nadat sy en haar tannie, Marianne du Plessis, die eerste span geword het wat die 'Kokkedoor: Son & see'-kombuis moes verlaat.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Jy leef jou droom… die voorreg was groot’

O, koek(ie)! Wie se gebak gaan rys en wie se gebak gaan een span se voorskote eis? In dié episode van ‘Kokkedoor: Son & see’ is die eerste span huis toe gestuur, en, ja, ons het ook trane weggevee…

Meer

Dis ’n Mondvol in dié week se ‘Kokkedoor: Son & See’ danksy Andriëtte

“Ek was so beïndruk met al die spanne se kreatiwiteit en braafheid om buite die boks uit te dink!" het 'Masterchef South Africa'-naaswenner en skepper van Mondvol, Andriette Giorgiou, oor haar draai op die stel van 'Kokkedoor: Son & See' vertel.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Ek kon bars van die trots!’

Die pa-en-seun-span Anton en Stefvan was uit hul nate uit van blydskap toe hulle die eerste uitdaging van 'Kokkedoor: Son en see' kafgedraf het.

Meer

‘Kokkedoor: Son en see’: Uit die kombuis uit en reguit hart toe 

In ‘Kokkedoor: Son en see’ verskuif die fokus van kompetisie in die kombuis na herkenbare mensestories wat emosiebelaaide herinneringe uit verskillende generasies oproep. 

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor: Son en see’

Hier is wat jy in elke episode van die nuwe Kokkedoor-seisoen, ‘Kokkedoor: Son en see’, wat vanaf Donderdag 20 November 2025 op kykNET uitsaai, kan verwag.

Meer

‘Kokkedoor: Son en see’: Dié ma en seun ‘gebore met liefde vir kosmaak’

"As ons saam in die kombuis is, is dit altyd ’n avontuur. Dalk is dit nou tyd om te wys wat ons Karoo-kombuis regtig kan doen," vertel Hanna oor hoekom sy en haar seun, Dirk, vir 'Kokkedoor: Son en see' ingeskryf het.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies