Menu terloops

Resultate vir Reënboogrant

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Reënboogrant’ se Sunette ’n droomrol vir Mila de Villiers

Om die rol van Sunette in Showmax se verwerking van die 'Reënboogrant'-boeke te vertolk, is ’n droom bewaarheid, vertel aktrise Mila de Villiers.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Februarie 2025

Sunette se emosies loop hoog en die Mei-dans sorg vir groot opwinding... en nog groter drama. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer
View trailer
Kyk lokprent

Reënboogrant S1

Op DStv en Showmax

'Reënboogrant' is ’n Afrikaanse coming-of-age-storie wat vanaf die gelyknamige boeke in ’n TV-reeks verwerk is.
Meer

Wie is wie in ‘Reënboogrant’? Ontmoet die karakters van nuwe Afrikaanse telenovela

Die gewilde 'Reënboogrant'-boeke is nou in ’n Afrikaanse telenovela verwerk met blink nuwe sterre soos Minke Marais en Mila de Villiers in die hoofrolle, met die gesoute André Velts as regisseur en 'Magda Louw' se Desiré Gardner as die hoofskrywer.

Meer

Minke Marais oor ‘Reënboogrant’ se Shani: ‘Sy wil van geweet wees’

Ons het vir die aktrise Minke Marais leer ken op reekse soos 'Mooiweer en warm', en nou roep sy herinneringe van haar skooldae op om Shani Brink, een van die twee Brink-susters wat die kern vorm van Showmax se nuwe telenovela, 'Reënboogrant', te speel.

Meer

‘Reënboogrant’: Desiré Gardner vertel oor gewilde boeke se tog tot TV

"My droom is dat ’n 16-jarige tiener wat dit kyk dit moet dit geniet en kan vereenselwig daarmee, terwyl die ma van 40 wat destyds die boeke gelees het, ook lekker saamkyk, ook sug en gaan, 'Ai, Shani!'” deel die hoofskrywer van Showmax se nuwe Afrikaanse telenovela, 'Reënboogrant'.

Meer

‘Ons ken almal ’n Adam’: Regisseurs vertel oor fliek wat op eie skoolervarings gegrond is

Die skrywer-regisseur Winford Collings en mede-regisseur Liyema Speelman se fliek, ‘Adam’, oor ’n tienerseun wat deur alle soorte hel op ’n militaristiese plaasskool gaan, is wel op hul eie skoolervarings gegrond, maar met temas wat strek van idealisme tot verkrampte manlikheid, is dié nie net húl storie nie. Soos hulle ook dan sê: ‘Ons almal ken ’n Adam.’ 

Meer

‘Plaas van passie’: Donovan Pietersen oor nuwe oorgeklankte telenovela en kunste as genesing

Van ‘Spoorloos: Steynhof’ en 'Binnelanders' na ‘Getroud met Rugby’ en ‘Suidooster’ – en nou ‘Plaas van passie'. Die akteur en stemkunstenaar Donovan Pietersen vertel meer oor dié nuwe oorgeklankte telenovela en sy liefde vir die kunste. 

Meer
20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies