Menu terloops
In Lysie-lysie [13 Apr 2022]

9 verslawende plaaslike realiteitsreekse


Van boere wat liefde soek tot vurige versoeking – Suid-Afrikaanse realiteitsreekse is volop én propvol drama.

9 verslawende plaaslike realiteitsreekse
1

’n Klomp jong, aantreklike enkellopendes probeer – soms met vurige sukses – paartjies in die versoeking lei. Of die paartjies bly getrou aan mekaar…of wel…die versoeking is te groot. 

2

Outwit. Outplay. Outlast. Dis egter nie net die natuur se elemente en spanuitdagings wat deelnemers moet oorleef nie. In dié realiteitsreeks moet hulle ook mekaar met slim en slinkse strategieë vir die topprys uitoorlê. (Lees hier oor wat agter die skerms van dié reeks gebeur.)

3

Dié beroemde broer en suster na-aap so effe die Amerikaanse über sosiale vlinders Paris Hilton en Nicole Richie se reeks van doerie tyd, Simple Life. Die reeks gebruik juis hul roem as vertrekpunt as Bobby en Karlien van Jaarsveld voor die kamera uitvind “hoe die ander helfte leef” en dit self moet ervaar. Dis cringe – meermale omdat ’n mens agterkom presies hoe ver verwyder van realiteit hul alledaags is.

4

Enkellopende boere kry liefdesbriewe, kies dan ’n klompie vroue (of mans) wat hul belangstelling prikkel, en nooi dié dan na hul plaas om mekaar te leer ken. Trane, soene, baie koffie in die kombuis en boere wat uit die hart uit praat. (Inskrywings vir S15 is nou oop!)

5

Drama, rugstekery, krokodil- én regte egte trane, skinderpraatjies en smartsages deluxe – in hierdie Suid-Afrikaanse weergawes van die gewilde internasionale franchise ding enkellopendes mee om die Bachelor en Bachelorette se rose – en harte – te wen.

6

Huisgenoot se joernaliste deel die stories wat hul vaardighede werklik op die proef gestel het. Dié verhale, gegrond op die joernaliste se stories wat in die tydskrif gepubliseer is, is soms vreesaanjaend, soms hartseer, soms net so blerrie belaglik dat jou mond oophang. 

7

Die glitz en glam in dié “huisvroue” se leefstyle is op ’n heel ander vlak. Soos heeeeeltemal. Dié lot is lief vir hul goue munte. Amper so baie soos hul beheptheid met drama. 

As jy dink hulle sit by die huis en maak toebroodjies vir hul kinders, dink weer! Dit is aldag, heeldag, elke dag partytjie-tyd. En baklei-tyd. Kyk, dié mense kan stry kry, hoor. En hulle hou nie terug nie.

8

Gaan agter die skerms met die bruidspaar soos die “groot dag” beplan word. Alles, maar alles vind op die skerm plaas – van die dekorkeuses en die samestelling van die allerbelangrike playlist, tot die proe van die troukoek en rokke wat net-net te styf sit. Ek doen, ek doen, ek doen!

9

Dating kan vol drama wees. En vir hierdie ongelukkige enkellopendes maak hul familie die situasie selfs erger. Jy gaan of weet presies hoe hierdie arme siele voel, of jy gaan net te dankbaar wees dat jou familie en vriende nie jou geliefde aan dié tipe intense, ongemaklike ondervraging en ervarings blootgestel het nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk op DStv in Mei 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die treffende 'Hightown' keer terug met ’n tweede seisoen terwyl die topverkoperboek 'The Time Traveler's Wife' uiteindelik in ’n TV-reeks omskep is.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Dié stroomdiens se eerste oorspronklike Nigeriese fiksiereeks, 'Blood Sisters', ’n nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, 'Savage Beauty', en ’n fiktiewe vertelling van die man wat die term Stockholm-sindroom geïnspireer het.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: 'Troukoors' loop weer hoog, 'The North Water' maak sy debuut, en die skreeusnaakse 'The Righteous Gemstones' keer terug.

Meer

‘Anatomy of a Scandal’: Dié kragtoer se houvas kan jy nie sommer afskud

'Anatomy of a Scandal' se ystergreep laat ses episodes na veels te min voel.

Meer
Sien alle opsies