Menu terloops
In Lysie-lysie [24 Des 2024]

19+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk


Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van ‘Eksie Perfeksie’ tot vanjaar se Silwerskermfees-oes.

19+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Dié lys Afrikaanse flieks is maar net ’n druppel in die emmer van al die Afrikaanse stories wat aanlyn beskikbaar is om te stroom. Hier is ons keur van vollengte speelfilms wat jy nou op Showmax kan kyk.

1

Silwerskermfees 2024 kortfilms en -dokkies

Die Silwerskermfees het vanjaar weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf met 14 kortfilms en vier dokumentêre kortes wat vir die fees geskep is. En dié kreatiewe oes is nou op Showmax beskikbaar om te stroom

Kortfilms

Afrikaanse flieks, Marie se laaste dag, Silwerskermfees
Mandri Sutherland in Marie se Laaste Dag. Foto: Verskaf

Dokkies

2

In dié whodunnit komedie-drama skuif die bekroonde akteur Stiaan Smith agter die skerms in as dié Silwerskermfees-speelfilm se skrywer en regisseur.

Die rolverdeling sluit ’n heerlike versameling akteurs in, waaronder Elani Dekker (Toorbos, Vaselinetjie), Waldemar Schultz (Die Byl, Wyfie), Tobie Cronjé (Pronk Primêr, Hans steek die Rubicon oor) en Anrich Herbst (Plan B, Egoli).

Die Bloedhonde is die verhaal van Katrien (Dekker) wat snuf in die neus kry ná ’n raaiselagtige dood in die vakansieoord waar sy saam met haar gesin uitspan. Katrien se aanvanklike nuuskierigheid ontaard egter in ’n volskaalse speurtog wanneer sy die geliefde plaaslike dominee van vuilspel begin verdink. Met slegs ’n middeljarige swerwer (Schultz) as bondgenoot, werp Katrien alles in die stryd om geregtigheid te laat geskied.

3

In dié raunchcom vertolk Pietie Beyers (Pronk Primêr, Die Onderonsie, Getroud met Rugby) die rol van André, wat by sy nuwe meisie intrek sonder dat hulle mekaar rêrig ken. Dan vind hy uit dat sy steeds vriende met al haar eks-kêrels is… André is geïntimideer deur hul teenwoordigheid, maar besluit om nietemin dié lot te bevriend… Net om te ontdek dat al Dalene se verhoudings dieselfde patroon volg.

Ook met Emma van Heyn, Bobby van Jaarsveld, Cindy Swanepoel en Maude Sandham in die rolverdeling.

4

Matilda is ’n jong vrygees met groot ambisies vir haar loopbaan as skrywer, maar weier om tot die nukke van die liefde in te gee. Matthys is ’n tech entrepreneur wat die lewe deur die lens van suiwer data beskou. As hulle albei uitgedaag word om dieper te delf – Matilda om ’n beter skrywer te word en Matthys om meer data vir sy dating app in te samel – gaan dié onwaarskynlike duo op ’n rits fake dates. Maar dis nie lank nie of harte raak verward…

Emma van Heyn is heerlik as Matilda, en geniet ’n heerlike on-screen chemie met Adrian Steyn as Matthys. Bibi Slippers is die draaiboekskrywer en regisseur.

5

Beurtkrag draai om Jasper (Ivan Botha) en Fransie (Donnalee Roberts) wat uit die staanspoor baie verskil, maar saam intrek en té veel flapperende rooi vlae doelbewus ignoreer. (Klink bekend, nè?) As beurtkrag hulle onverwags op die eerste aand in hul nuwe huis tref, probeer hulle die beste van die donker situasie maak. Hulle dans. Hulle raak dronk op die idee van liefde. Hulle onthou … maar saam met die onthou word die verkeerde boks oopgemaak en ontspoor die aand. Swaar bagasie word uitgepak en hulle word gekonfronteer met die swaar en donker verlede wat hulle saamdra.

6

Vlugtig draai om die jong akteur, Simon Berg (Arno Greeff), wie se lewe ’n onverwagse wending neem as hy deel van die rolverdeling vir ’n herverbeelde Rooikappie-produksie word. Dit kom as ’n gulde geleentheid voor – die regie is immers deur sy se rolmodel, die befaamde teatermaker Andreas Vog. Maar dit blyk gou dat Andreas nie jou gemiddelde regisseur is nie en Simon loop onder die sadistiese Andreas se onortodokse metodes deur. Dis net sy medester, Chantel Opperman (Jane de Wet), wat hom bemoedig om voort te stoei.

7

As ’n vreemde vlieende voorwerp in 1967 in die middel van die Karoo se nêrens beland, stel vier lede van die Suid-Afrikaanse intelligensiedienste ondersoek in. Soos die agente die raaiselagtige verskynsel ondersoek, neem een van hulle koers in op ’n persoonlike ontdekkingsreis wat tot lewensveranderende gevolge lei.  

8

In Meisies wat Fluit het Henk (Stiaan Smith) en Sofia (Leandi du Randt) té vinnig verlief geraak, té vinnig getrou en nou staan hulle net so vinnig op skei. Maar pas ná hul egskeiding gefinaliseer is, beland hulle saam in die bed – en nogal vir die eerste keer in meer as ’n jaar. Hulle kon nie hul huwelik laat werk nie, maar miskien is ’n anderste soort verhouding nommerpas?

9

Die aand voor Nina se troue daag Hugo, the one that got away, weer in haar lewe op. Maar dan word Nina voor die altaar ge-drop… Met ’n gebroke hart, haar drome verpletter, en ’n enorme hangover word sy op die vliegtuig wakker met Hugo aan haar sy. In plaas van haar runaway groom, spandeer sy en Hugo haar “wittebrood” in Mauritius saam. Met Donnalee Roberts en Ivan Botha in die hoofrolle.

10

Vyf vroue se paaie kruis as hulle by “avontuurterapie” op die Oranjerivier ontmoet. Dis egter alles behalwe ’n gladde rit… Ná ’n ongeluk is die vroue net op hulself en mekaar aangewese om in die genadelose wildernis te oorleef.

11

Dalene Matthee se gelyknamige boek is deur die regisseur René van Rooyen en haar man, Corné, verwerk. Matthee se romanse speel af in die 1930s teen die agtergrond van die laaste bewoners van die Knysnabos wat vir die denneplantasies moet padgee. Dit draai om die liefdesverhaal tussen Karoliena, ’n veel ouer dorpsman, en die bos in haar bloed.

12

Die veteraanakteur Arnold Vosloo, en die jong akteur Alex van Dyk is te sien in hierdie fliek wat gegrond is op die grusame moord op Deon en Christel Steenkamp en hul tienerdogter Marthella op hul plaas buite Griekwastad. Die draaiboek is deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp en Jozua Malherbe is die regisseur. Die joernalis Jacques Steenkamp se boek oor die moorde, The Griekwastad Murders: The Crime that Shook South Afrika, is as die grondslag gebruik. Ook in die rolverdeling is Rolanda Marais, Deon Lotz, Jane de Wet, Crystal-Donna Roberts en Jody Abrahams.

13

Die weermag in die vorige bedeling was ’n ongenaakbare plek vir enige jong man. Hulle is in die diepkant ingegooi en het dikwels met die harde kant van manlikheid te doen gehad. Hoe groter jou spiere, hoe beter. Hoe weliger jou baard, hoe beter. Hoe harder jy kon wees met iemand wat nie so manlik soos jy is nie, hoe beter. Dit is juis die probleem vir Johan Niemand (Schalk Bezuidenhout) wat verkies om soos die 1980’s pop-ikoon Boy George aan te trek eerder as om die vyand op die grens te gaan veg.

14

Tarren-Lee Habelgaarn skryf oor Swirl: “Swirl maak lig van die belangrike verhouding tussen ’n vrou en haar hare en hoe almal altyd ’n opinie oor iemand se hare het. Hierdie komedie is nie net skreeusnaaks nie, maar het die baie belangrike boodskap dat hare in baie gemeenskappe, maar veral op die Kaapse Vlakte, baie meer as net hare is. Chanelle Davids, Vinette Ebrahim, Ilse Klink en Shaleen Surtie-Richards lewer uitstekende toneelspel. Dit is ’n komedie met diepte oor familie, gemeenskap en die feit dat mense daarop geregtig is om hul hare te dra nes hulle kies, sonder enige judgementThis movie is about being unapologetically you!

15

Barakat vertel die storie van ’n weduwee, gespeel deur veteraan-aktrise Vinette Ebrahim, wat die vrede tussen haar vier seuns Zunaid (Joey Rasdien), Zaid (Mortimer Williams), Yaseen (Keeno Lee Hector) en Nur (Danny Ross) moet bewaar as hulle terugkeer na hul gesinshuis vir Eid-ul-Fitr. Hul tuiskoms vind twee jaar ná die dood van hul pa plaas en met groot verandering in haar lewe, is dit meer as net ’n gesellige kuier met haar seuns. 

16

Kaalgat Karel, vertel die verhaal van Karel Venter (vertolk deur skreeusnaakse Francois Jacobs), ’n kaalnaeler, wat verlief raak op die sagte en beeldskone paramedikus, Rita (vertolk deur Christia Visser) nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop. Maar daar is een probleem: sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Tarren-Lee Habelgaarn beskryf dit só: “Dis ’n fliek met sjarme, romanse, onverwagse vriendskap en baie pret. Dit het ’n eenvoudige storielyn met een doelwit: om gehore te laat lag. Met al die moeilike tye wat mense tans beleef en die pandemie wat swaar op mense se harte lê, is hierdie net ’n klassieke komedie wat tussen die wêrelde van Leon Schuster en Adam Sandler sy plekkie vind.”

17

Gat in die Muur draai om die vrygees Riaan (André Odendaal) by wie kolonkanker gediagnoseer is. Hy gebruik dagga om sy pyn te beheer en vertrek dan ook op ’n road trip met sy seun Ben (Nicholas Campbell) en Ava (Tinarie van Wyk-Loots) om vir sy beste vriend in die Transkei te gaan kuier. 

Van Wyk-Loots (TroukoorsDesert Rose) het in 2021 die SAFTA-toekenning vir beste aktrise in ’n vollengte prent vir haar spel as Ava in dié fliek gewen.

18

’n Akteur (Paul du Toit met ’n fantastiese vertolking) wat in die geheim by ’n sukkelende fopdosserklub werk, moet veg vir die behoud van sy huwelik nadat sy vrou (Cintaine Schutte) hom daar betrap. Hy moet ook die optrede van sy lewe gee om agterdog oor die dood van sy kollega uit die weg te ruim…

Dié briljante fliek, wat sy debuut by die 2022 Silwerskermfees gemaak het, se regie is deur Etienne Fourie. Onder die spelers in die rolverdeling tel ook Illse Roos, Jacques Bessenger, Albert Pretorius en Carla Smith.

19

Dié sielkundige riller storie wentel om Melissa (Elma Postma), ’n sielkundige wat by ’n psigiatriese hospitaal werk en wie se traumatiese geraamtes heeltemal uit die kas uit donner as sy hoor haar eks staan aan die hoof van ’n sogenaamde mindfullness-oord. Sy kry dadelik snuf in die neus. Haar eks, Melchior van Staden (Chris Chameleon), het haar immers geestelik gemartel en nou lyk dit asof hy jong mans en vroue brainwash om sy wense uit te voer. Dan leer sy boonop dat haar 18-jarige dogter – wat sy as jong tiener gehad en laat aanneem het – is in Melchior se kultus-web vasgevang. Sy sal enigiets doen om haar dogter te red.

Nog Afrikaanse flieks op Showmax:

Asseblief & Dankie
Johnny is nie dood nie
Flatland
Posbus 1
Fiela se Kind
Somerkersfees

Twee Grade van Moord
Balbesit
Skemerson
Die Seemeeu
Die Stropers
Dominee Tienie
Thys en Trix
Nommer 37
Meerkat Maantuig
Susters
Wonderlus

Klein Karoo
Jou Romeo
Krotoa

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies