Seks! Baie, baie seks! Goed, noudat ons jou aandag het, hier is ’n lys van vurige reekse en flieks wat jy aanlyn kan stroom. Wat is die lewe dan nou tog sonder ’n bietjie sexy afleiding?
Die Showmax Original dokumentêre reeks, Sex in Afrikaans, wys wat werklik agter geslote deure in die Afrikaanse gemeenskap gebeur. Dit dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel oor seks en seksualiteit te praat. Dié reeks het reeds rekord-kykertalle wat selfs Showmax se angswekkende dokumentêre reeks, Devilsdorp, uitgestof het.
Sex and Pleasure
Sex & Pleasure is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks wat seks en seksualiteit onder die loep neem. Hoewel die konsep baie met dié van Sex in Afrikaans ooreenstem, bied Sex & Pleasure veel meer diverse stemme om na te luister. Só ook dan met die episodes se temas.
Die reeks word gelei deur die skrywer Kim Windvogel en joernalis Romantha Botha. Dié twee het kragte saamgespan om ’n reeks te skep met elke episode wat om ’n ander faset van seks draai, hetsy ouerskap, orgasmes, ouderdom, gestremdheid, sekswerks, romanse, dwelms, en so meer.
Die regie is deur Ayanda Duma, wat ook ’n vervaardiger op die Suid-Afrikaanse been van Cara Delevigne se Planet Sex was.
Die baanbrekende reeks draai om ’n groep hoërskoolleerders en die uitdagings van tiener-wees, dwelmverslawing, trauma, liefde en swaarkry. Hoewel daar ’n beter balans as in byvoorbeeld Game of Thrones is, is daar steeds meer vroue as mans wat kaalbas gewys word.
Kyk ook twee bonus-episodes van Euphoria wat ná die einde van seisoen 1 afspeel.
Met James Franco en Maggie Gyllenhaal in die rolverdeling, het die vervaardiger David Simon en die skrywer George Pelecanos ’n reeks van drie seisoene geskep oor die pornografie-industrie in New York in die 1970’s en 1980’s.
Die reeks is van 2004 tot 2009 uitgesaai en word gesien as ’n baanbreker-reeks. Dit volg die lewe van ’n groep vroue, meestal lesbiërs, wat in Wes-Hollywood in Kalifornië woon.
Die opvolgreeks, The L Word: Generation Q, is ook nou op Showmax beskikbaar.
Wanneer haar seun universiteit toe gaan, is Eve Fletcher – in haar veertigs en geskei – by ’n kruispad in haar lewe. Sy moet haarself herdefineër as ’n enkellopende vrou en ’n nuwe lewe uitkerf. Kathryn Hahn speel die rol van Eve. As kyker is jy aan haar kant en jy hoop dat sy die liefde vind wat sy so nodig het. Die reeks kyk na die uitdagings wat egskeiding bring en die ongemaklikheid om weer op dates te gaan – of dit nou met die hoop op ’n verhouding is en of net vir liggaamlike toenadering.
Sally Rooney se topverkoper-roman is omskep in hierdie Emmy-bekroonde liefdesverhaal. Dit vertel die storie van ’n paartjie wat mekaar reeds van skooltyd ken en vir verskeie jare ’n aan-af verhouding het.
Elite S1-6
Hierdie reeks het Spaanse-onderskrifte en gaan oor ’n groep studente by ’n spogskool wat in hulle ouers se oë engeltjies is, maar in werklikheid doen hulle alles…en nog meer.
Kyk op Netflix.
Sex Education S1-3
’n Uiters genotvolle komedie-drama wat nie net skreeusnaaks is nie, maar ook sensitiewe kwessies aanspreek wat tieners nie én volwassenes aanraak. Aan die hoof van die rolverdeling is Otis (Asa Butterfield) wie se ma (The X-Files en The Crown se Gillian Anderson) ’n seksterapeut is. Hy is natuurlik baie skaam oor sy ma se beroep, maar dan oortuig Maeve (Emma Mackey) hom dat hulle dieselfde diens aan hul mede-skoliere moet bied.
Kyk op Netflix.
Skins S1-7
Voor Euphoria, Elite en Sex Education, was daar Skins (2007–2010), ’n komedie-drama oor ’n groep tieners in Bristol in die suidweste van Engeland. Die storielyne het sake soos disfunksionele families, geestesgesondheid, eetsteurnisse, seksualiteit, dood en boeliegedrag aangespreek.
Kyk op Netflix.
Tessa is jou tipiese girl next door – stroopsoet. Dis nou totdat sy ’n aantreklike rebel (natuurlik met ’n voorliefde vir motorfietse en leerbaadjies…cliché much?) op universiteit ontmoet. Hardin en Tessa se verhouding is stormagtig tot die mag vyf miljard en – kom ons wees eerlik – blerrie ongesond. Hulle is ewe sleg vir mekaar en bring ook die lelikste in mekaar uit. Maar, die fliek is wel volop vurige tonele wat dit die kyk werd maak…dis nou as jy lank genoeg kan uithou met die belaglike swak toneelspel en draaiboek. Die fliek is gegrond op die topverkoper-roman deur Anna Todd.
Die opvolgfliek, After We Collided, asook die derde prent, After We Fell, is ook op Showmax.
Dié Afrikaanse kortfliek draai om ’n paartjie wie se huwelik (en sekslewe daarmee saam) effe, kom ons sê maar net vervelig, geraak het. Dan kom hulle op ’n innoverende oplossing af: Swaaibraai, ’n app vir swingers.
Die Fifty Shades of Grey-trilogie is gegrond op die gelyknamige boeke deur die skrywer E.L. James.
Dié boeke het uiteindelik ’n wêreldwye fenomeen geword. Só ook die flieks wat daarop gegrond is.
Die premis is geweldig eenvoudig: Anastasia Steele (Dakota Johnson) is ’n naiewe student as haar paaie met dié van die welgestelde en sjarmante sakeman, Christian Grey (Jamie Dornan), kruis. Dit word gou duidelik dat Christian ‘n paar slaapkamer-geheime het… en Anastasia kan net nie wegbly nie.
Die opvolgprent, Fifty Shades Darker, asook die derde prent, Fifty Shades Freed, is ook op Showmax.
Dié reeks wemel van leuens en dubbele lewens.
In die derde seisoen van The Girlfriend Experience ontmoet ons vir Iris (Julia Goldani Telles van The Affair) nadat sy na Londen verhuis. Daar begin sy ’n dubbele lewe lei – sy werk bedags in die tegnologiebedryf terwyl sy snags die “girlfriend experience” (teen ’n fooi, natuurlik) bied.
Die storie speel in die 1970’s in Los Angeles af. Daarin span ’n jong feminis kragte met ’n uitgewer saam om die eerste erotiese tydskrif vir vroue uit te gee. Ophelia Lovibond van Feel Good en Elementary en Jake Johnson van New Girl vertolk die hoofrolle.
Dié kultusreeks is gegrond op die boeke deur Candace Bushnell en draai om die manewales van die seksrubriekskrywer, Carrie Bradshaw (Sarah Jessica Parker) en haar drie beste vrinne, Samantha (Kim Catrall), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) in die Groot Appel.
Die opvolgreeks, And Just Like That, is ook op Showmax beskikbaar om te stroom.
En nog:
- Naked SNCTM: ’n Kykie agter die skerms van die mees eksklusiewe seksklub ooit.
- Gigolos: ’n Realiteitsreeks oor die lewe van manlike sekswerkers.
- Girls: Lena Dunham se komedie-drama met oorgenoeg sekstonele.
- Game of Thrones S1-8: Daar is amper eweveel seks en naaktheid as wat daar bloed en geweld is.
- Love Island SA: Plaaslike sexy loslopers op soek na liefde – of ’n los gelukkie.
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →