Menu terloops
In Lysie-lysie [23 Apr 2024]

15 plaaslike realiteitsreekse wat jy nie moet misloop nie


Van boere wat liefde soek tot vurige versoeking – Suid-Afrikaanse realiteitsreekse is volop én propvol drama.

15 plaaslike realiteitsreekse wat jy nie moet misloop nie

Sommige realiteitsreekse lok jou met drama en onvoorspelbaarheid, terwyl ander jou weer met kinkels, intrige, ’n lus vir die lewe, liefde – of dalk ’n lyfie – intrek. Hier is ’n keur van plaaslike realiteitsreekse wat jou vasgenael voor die kassie gaan hou.

1

Kokkedoor Vuur & Vlam

Bertus Basson en Kobus Burger is die beoordelaars van Kokkedoor Vuur & Vlam. Foto: Verskaf
Bertus Basson en Kobus Burger is die beoordelaars van Kokkedoor Vuur & Vlam. Foto: Verskaf

Vir kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam is die bekende sjef Bertus Basson en braai-ghoeroe Kobus Botha as nuwe beoordelaars gekies. En dié keer spook die deelnemers sake in die kombuis met hul braai-talente uit. 

Die 20 deelnemers – tien onthoubraaiers en tien kinkelbraaiers – moet alles oor vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster voorberei. Lees meer oor die deelnemers hier.

Volgens die reeks se inhoudsvervaardiger en koskenner, Errieda du Toit, bring die oop vuur en warm kole ” ’n onvoorspelbaarheid en baie drama. Jy kan nie die vuur beheer met die druk van ’n knoppie nie… En dit raak wárm in die kombuise, warmer as ooit vantevore. Die feit dat dit in Struisbaai – reg by die see – afspeel, bring ook ’n nuwe dimensie na die skerm. Die natuur en sy elemente ontwikkel amper ’n karakter van sy eie.”

Lees ook meer oor die sappigste sêgoed wat dié lot braaiers tot dusver kwytgeraak het.

Kokkedoor Vuur & Vlam is op Showmax beskikbaar.

2

The Real Housewives van Pretoria

Die Real Housewives van Pretoria
Talana Kuhn in Die Real Housewives van Pretoria. Foto: Verskaf

Die Real Housewives van Pretoria was die eerste Afrikaanse weergawe van dié über-gewilde franchise en het die weg gebaan vir Die Real Housewives van die Wynlande. 

Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Kuhn bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel. Lees meer oor hulle hier.

Dié reeks is die vyfde weergawe van die Real Housewives-formaat in Afrika. Die ander sluit Johannesburg, Durban, Lagos en Kaapstad in. Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings opgeraap.

Die Real Housewives van Pretoria is op Showmax beskikbaar. Die reeks bestaan uit 13 episodes.

3

Die Real Housewives van die Wynlande

Die Real Housewives van die Wynlande

Die Real Housewives van die Wynlande is ’n splinternuwe Real Housewives-reeks wat volg op die eerste Afrikaanse weergawe van die franchise, Die Real Housewives van Pretoria. Onder die vroue tel skoonheidskoninginne, ’n dokter én ’n doktor en genoeg glans vir ’n leeftyd. 

Lees die volledige resensie van die loodsepisode hier. Ons het ook lekker recaps van al die episodes opgeskryf.

Die volledige reeks is nou op Showmax beskikbaar.

4

Die Siener S1-2

Gerald Burger is ’n heldersiende wat mense stom laat met sy vermoë om te sien wat ander nie kan nie. Hy help, onder meer, vir mense om met hulle afgestorwe geliefdes kontak te maak, om huise van negatiewe energie te reinig, en om vrede met die verlede te maak.

Kyk seisoene 1-2 op Showmax.

5

Boer Soek ’n Vrou Seisoen 14 & 15

Marciel Hopkins is die aanbieder van Boer soek 'n Vrou.
Marciel Hopkins is die aanbieder van Boer soek ’n vrou. Foto: Sulet Fourie Photography

Enkellopende boere kry liefdesbriewe, kies dan ’n klompie vroue (of mans) wat hul belangstelling prikkel, en nooi dié dan na hul plaas om mekaar te leer ken. Trane, soene, baie koffie in die kombuis en boere wat uit die hart uit praat. 

Die 16de seisoen sal na verwagting vanaf Julie 2024 op kykNET (DStv-kanaal 144, DStv Stream) uitgesaai word.

6

Plaasjapie S1-2

Ewan Strydom is die aanbieder van Plaasjapie.
Ewan Strydom is Plaasjapie se aanbieder. Foto: Verskaf

In Plaasjapie word 20 stadsjapies word na die “wilde weste” (eintlik maar net ’n plaas iewers in die Wes-Kaap, relax) gestuur waar hulle vir ’n maand in ’n skuur moet bly en hulself afsloof soos boere van ouds.

Onder die deelnemers in die eerste seisoen (nou op Showmax beskikbaar) was ’n MMA-vegter, model, apteker, musikant en Guinness-wêreldrekordhouer vir Marmite eet. Jy kan meer oor die eerste seisoen se deelnemers in ons Wie’s wie op Plaasjapie-artikel lees.

Die tweede seisoen word tans op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die deelnemers sluit onder andere ’n haarstilis, ’n gewese gim-eienaar, en meganiese ingenieur in.

7

The Real Housewives of Durban S1-4 en The Real Housewives of Johannesburg S1-3

Die glitz en glam in dié “huisvroue” se leefstyle is op ’n heel ander vlak. Soos heeeeeltemal. Dié lot is lief vir hul goue munte. Amper so baie soos hul beheptheid met drama. 

As jy dink hulle sit by die huis en maak toebroodjies vir hul kinders, dink weer! Dit is aldag, heeldag, elke dag partytjie-tyd. En baklei-tyd. Kyk, dié mense kan stry kry, hoor. En hulle hou nie terug nie.

Albei reekse is op Showmax beskikbaar.

8

Huisgenoot Ware Lewensdramas: Vlees & Bloed S1

Dié spin-off van die baie suksesvolle Huisgenoot: Ware Lewensdramas is ’n ware misdaadreeks wat so ’n bietjie aan die rowwer kant is. Dit fokus op die mees opspraakwekkende sake van gesinsmoorde in Suid-Afrika. Dis ’n kykie na donker gesinsgeheime en traumatiese kinderjare wat gelei het tot tragedies wat die land én die wêreld geskok het. 

Kyk die eerste seisoen op Showmax.

9

Op my eish! S3

Op My Eish! Brendan Peyper Foto: RQ Photography - Sascha van der Westhuizen.
Op My Eish! met Brendan Peyper was ’n seisoen van soene. Foto: RQ Photography, Sascha van der Westhuizen.

Op my eish! se derde seisoen het gesien hoe die sanger Brendan Peyper na liefde soek in dié maatsoekreeks. Ná ’n seisoen propvol soene, kon daar egter net een vrou uit die aanvanklike hoopvolle 16 deelnemers as die wenner van Brendan se hart uit die stryd tree… Maar in die reünie-episode het dit geblyk selfs dié beminde kon nie sy hart hou nie…

Die derde seisoen is tot 9 Julie 2024 op DStv Catch Up beskikbaar om te kyk.

10

Gaan agter die skerms met die bruidspaar soos die “groot dag” beplan word. Alles, maar alles vind op die skerm plaas – van die dekorkeuses en die samestelling van die allerbelangrike playlist, tot die proe van die troukoek en rokke wat net-net te styf sit. Ek doen, ek doen, ek doen!

Kyk seisoene 8-12 van dié reeks op Showmax.

11

Dating kan vol drama wees. En vir hierdie ongelukkige enkellopendes maak hul familie die situasie selfs erger. Jy gaan of weet presies hoe hierdie arme siele voel, of jy gaan net te dankbaar wees dat jou familie en vriende nie jou geliefde aan dié tipe intense, ongemaklike ondervraging en ervarings blootgestel het nie.

12

Bolhuis S1-2

Mike Bolhuis word as een van Suid-Afrika se top-speurders beskou; betrokke by van die land se grootste moord- en bedrogsake. In dié reeks word dieper gedelf in van die sake wat op sy lessenaar beland het. Onder dié tel die raaisel van die Delmas-moorde, waarin die vyf maande oue Wiehan Botes en sy oppasser vermoor is.

Kyk albei seisoene op Showmax.

13

The Bachelor SA S2

Drama, rugstekery, krokodil- én regte egte trane, skinderpraatjies en smartsages deluxe – in hierdie Suid-Afrikaanse weergawes van die gewilde internasionale franchise ding enkellopendes mee om die Bachelor en Bachelorette se rose – en harte – te wen.

14

Stralend S1

Stralend

In dié reeks ondergaan 12 deelnemers ‘n “kop, hart en siel”-transformasie: Hulle kry die geleentheid om ’n nuwe, en beter weergawe van hulself te word en selfs hul voorkoms radikaal te verander. Die aanbieders is die aktrise Angelique Gerber en grimeerkunstenaar Fafa de Klerk.

Stralend S1 saai Maandae om 21:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar.

15

Survivor SA S6-9

Outwit. Outplay. Outlast. Dis egter nie net die natuur se elemente en spanuitdagings wat deelnemers moet oorleef nie. In dié realiteitsreeks moet hulle ook mekaar met slim en slinkse strategieë vir die topprys uitoorlê. (Lees hier oor wat agter die skerms van dié reeks gebeur.)

Seisoene 6-9 is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies