Menu terloops
In Lysie-lysie [28 Jul 2022]

15 Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk


Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van ‘Stroomop’ tot ‘Kanarie’.

15 Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Dié lys Afrikaanse flieks is maar net ’n druppel in die emmer van al die Afrikaanse stories wat op Showmax beskikbaar is.

1

Wesens

As ’n vreemde vlieende voorwerp in 1967 in die middel van die Karoo se nêrens beland, stel vier lede van die Suid-Afrikaanse intelligensiedienste ondersoek in. Soos die agente die raaiselagtige verskynsel ondersoek, neem een van hulle koers in op ’n persoonlike ontdekkingsreis wat tot lewensveranderende gevolge lei.  

Kyk nou >>

2

Flatland

Flatland, met Nicole Fortuin, Izel Bezuidenhout en Faith Baloyi in die hoofrolle, is ’n Thelma & Louise-esque western met ’n punt van 91% op Rotten Tomatoes.

As Natalie (Fortuin) se rampspoedige huweliksnag tot ’n moord lei, slaan sy op die vlug oor die Karoo.

Kyk nou >>

3

Posbus 1

Sedert Haas Das in die 1980’s die aap uit die mou gelaat het dat Kersvader se posadres Posbus 1, Pretoria, is, het oom Ben (Carel Trichard) en sy vrou Ria (Petru Wessels) duisende Kerswense van hoopvolle kinders van reg oor Suid-Afrika ontvang. Die briefies het onaangeraak gebly, maar ná Ria se afsterwe vernietig haar dogter al dié kaartjies… Behalwe vir een. Ben sien die klein genade as ‘n teken vanaf die hiernamaals en só begin ‘n reis van genesing.

Kyk nou >>

4

Dis ek, Anna

Dis ek, Anna vertel die verhaal van Anna Bruwer, ’n vrou wat haar stiefpa vermoor nadat hy haar vir jare seksueel mishandel het. Die regisseur is Sara Blecher wat ’n meesterlike Suid-Afrikaanse misdaadriller geskep het. Die hoofrolle word gespeel deur Charlene Brouwer, Morné Visser en Izel Bezuidenhout.

Kyk nou >>

5

Vir altyd

Die aand voor Nina se troue daag Hugo, the one that got away, weer in haar lewe op. Maar dan word Nina voor die altaar ge-drop… Met ’n gebroke hart, haar drome verpletter, en ’n enorme hangover word sy op die vliegtuig wakker met Hugo aan haar sy. In plaas van haar runaway groom, spandeer sy en Hugo haar “wittebrood” in Mauritius saam. Met Donnalee Roberts en Ivan Botha in die hoofrolle.

Kyk nou >>

6

Stroomop

Vyf vroue se paaie kruis as hulle by “avontuurterapie” op die Oranjerivier ontmoet. Dis egter alles behalwe ’n gladde rit… Ná ’n ongeluk is die vroue net op hulself en mekaar aangewese om in die genadelose wildernis te oorleef.

Kyk nou >>

7

Klein Karoo 2

Agt jaar nadat Frans (Tim Theron) sy hart of Cybil (Donnalee Roberts) in die romantiese komedie Klein Karoo (nou op Showmax) verloor het, verbrokkel dié twee se liefdesverhaal en Frans beland vir ’n tweede maal alleen, en met ’n gebroke hart, voor die kansel. Dis net die begin van die slegte nuus vir Frans – dié 38-jarige dokumentêre filmmaker vind boonop uit dat hy ’n breingewas het. Maar dan ontmoet hy vir ene Chloë, ’n beeldskone boer (vertolk deur Boer soek ’n Vrou-aanbieder Marciel Hopkins), as hy haar langs die pad teëkom waar sy ’n plaasheining regmaak.

Kyk nou >>

8

Poppie Nongena

Die roerende, ware lewensverhaal van ’n huishulp wat desperaat probeer om haar gesin bymekaar te hou teen die agtergtrond van die onmenslike apartheidswette in Suid-Afrika in die 1970’s.

Kyk nou >>

9

Griekwastad

Die veteraanakteur Arnold Vosloo, en die jong akteur Alex van Dyk is te sien in hierdie fliek wat gegrond is op die grusame moord op Deon en Christel Steenkamp en hul tienerdogter Marthella op hul plaas buite Griekwastad. Die draaiboek is deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp en Jozua Malherbe is die regisseur. Die joernalis Jacques Steenkamp se boek oor die moorde, The Griekwastad Murders: The Crime that Shook South Afrika, is as die grondslag gebruik. Ook in die rolverdeling is Rolanda Marais, Deon Lotz, Jane de Wet, Crystal-Donna Roberts en Jody Abrahams.

Kyk nou >>

10

Kanarie

Die weermag in die vorige bedeling was ’n ongenaakbare plek vir enige jong man. Hulle is in die diepkant ingegooi en het dikwels met die harde kant van manlikheid te doen gehad. Hoe groter jou spiere, hoe beter. Hoe weliger jou baard, hoe beter. Hoe harder jy kon wees met iemand wat nie so manlik soos jy is nie, hoe beter. Dit is juis die probleem vir Johan Niemand (Schalk Bezuidenhout) wat verkies om soos die 1980’s pop-ikoon Boy George aan te trek eerder as om die vyand op die grens te gaan veg.

Kyk nou >>

11

Moffie

Moffie het in 2020 die Film Critics’ Special Jury-toekenning by die internasionale filmfees in Dublin, Ierland gewen en het ’n 90%-gradering op Rotten Tomatoes. Die Amerikaanse tydskrif Variety het geskryf: “Oliver Hermanus (die regisseur) het ’n meesterstuk gemaak en het homself gevestig as een van Suid-Afrika se voorste kontemporêre filmmakers”.

Die fliek is gegrond op die gelyknamige boek deur André Charl van der Merwe en speel af in 1981. Kai Luke Brummer is te sien as die hoofkarakter Nicholas van der Swart.

Kyk nou >>

12

Swirl

Tarren-Lee Habelgaarn skryf oor Swirl: “Swirl maak lig van die belangrike verhouding tussen ’n vrou en haar hare en hoe almal altyd ’n opinie oor iemand se hare het. Hierdie komedie is nie net skreeusnaaks nie, maar het die baie belangrike boodskap dat hare in baie gemeenskappe, maar veral op die Kaapse Vlakte, baie meer as net hare is. Chanelle Davids, Vinette Ebrahim, Ilse Klink en Shaleen Surtie-Richards lewer uitstekende toneelspel. Dit is ’n komedie met diepte oor familie, gemeenskap en die feit dat mense daarop geregtig is om hul hare te dra nes hulle kies, sonder enige judgementThis movie is about being unapologetically you!

Kyk nou >>

13

Barakat

Barakat vertel die storie van ’n weduwee, gespeel deur veteraan-aktrise Vinette Ebrahim, wat die vrede tussen haar vier seuns Zunaid (Joey Rasdien), Zaid (Mortimer Williams), Yaseen (Keeno Lee Hector) en Nur (Danny Ross) moet bewaar as hulle terugkeer na hul gesinshuis vir Eid-ul-Fitr. Hul tuiskoms vind twee jaar ná die dood van hul pa plaas en met groot verandering in haar lewe, is dit meer as net ’n gesellige kuier met haar seuns. 

Kyk nou >>

14

Kaalgat Karel

Kaalgat Karel, vertel die verhaal van Karel Venter (vertolk deur skreeusnaakse Francois Jacobs), ’n kaalnaeler, wat verlief raak op die sagte en beeldskone paramedikus, Rita (vertolk deur Christia Visser) nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop. Maar daar is een probleem: sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Tarren-Lee Habelgaarn beskryf dit só: “Dis ’n fliek met sjarme, romanse, onverwagse vriendskap en baie pret. Dit het ’n eenvoudige storielyn met een doelwit: om gehore te laat lag. Met al die moeilike tye wat mense tans beleef en die pandemie wat swaar op mense se harte lê, is hierdie net ’n klassieke komedie wat tussen die wêrelde van Leon Schuster en Adam Sandler sy plekkie vind.”

Kyk nou >>

15

Meisies wat fluit

In Meisies wat Fluit het Henk en Sofia té vinnig verlief geraak, té vinnig getrou en nou staan hulle net so vinnig op skei. Maar pas ná hul egskeiding gefinaliseer is, beland hulle saam in die bed – en nogal vir die eerste keer in meer as ’n jaar. Hulle kon nie hul huwelik laat werk nie, maar miskien is ’n anderste soort verhouding nommerpas?

Kyk nou >>

En nog!

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van mediese dramas

‘This Is Going To Hurt’ – die geloofwaardige mediese dramareeks wat ons nodig het

'This is Going to Hurt' is by tye soos ’n emmer koue water oor jou kop – tog, so hard en grusaam as wat dit kan wees, is dit ook eerlik, rou, en (genadiglik) snaaks.

Meer

Wat om te kyk op DStv in Augustus 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die tweede seisoen van die lag-uit-jou-maak-uit heerlike komedie, 'Hacks'; die mag van vroue in 'Run the World'; en die geloofde dramareeks 'Gentleman Jack' se tweede uittog.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Augustus 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Kim Engelbrecht in 'Reyka', die nuwe wetenskapfiksiereeks 'La Brea' en ’n waremisdaaddokkie wat jou jou eie geheue sal laat bevraagteken.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Augustus 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Arnold Vosloo bult sy spiere in dié platform se eerste Afrikaanse reeks, 'Ludik'; jong liefde blom in 'Never Have I Ever'; 'Lock & Key' se storie sluit af met die derde en laaste seisoen.

Meer
Sien alle opsies