Menu terloops
In Lysie-lysie [24 Feb 2022]

13 vurige reekse en flieks om te stroom


Smeulende tonele is volop in dié reekse en flieks.

13 vurige reekse en flieks om te stroom

Seks! Baie, baie seks! Goed, noudat ons jou aandag het, hier is ’n lys van sexy reekse en flieks wat jy aanlyn kan stroom. Wat is die lewe dan nou tog sonder ’n bietjie sexy afleiding?

1

Die Showmax Original dokumentêre reeks, Sex in Afrikaans, wys wat werklik agter geslote deure in die Afrikaanse gemeenskap gebeur. Dit dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel oor seks en seksualiteit te praat. Dié reeks het reeds rekord-kykertalle wat selfs Showmax se angswekkende dokumentêre reeks, Devilsdorp, uitgestof het.

2

Euphoria S1-2

Hierdie reeks is oor ’n groep tieners wat hul plek in ’n komplekse wêreld probeer vind. Hoewel daar ’n beter balans as in byvoorbeeld Game of Thrones is, is daar steeds meer vroue as mans wat kaalbas gewys word.

Kyk ook twee bonus-episodes van Euphoria wat ná die einde van seisoen 1 afspeel.

Kyk op Showmax.

3

Hung

Ray Drecker (Thomas Jane, Divorce), ’n platsak basketbalafrigter by ’n hoërskool in Detroit, moet planne maak om meer geld te verdien. Met die hulp van sy vriendin Tanya (Jane Adams) besluit Ray om sy welbedeelde familie-juwele in te span om geld te maak.

Kyk op Showmax.

4

The Deuce

Met James Franco en Maggie Gyllenhaal in die rolverdeling, het die vervaardiger David Simon en die skrywer George Pelecanos ’n reeks van drie seisoene geskep oor die pornografie-industrie in New York in die 1970’s en 1980’s.

Kyk op Showmax.

5

The L Word

Die reeks is van 2004 tot 2009 uitgesaai en word gesien as ’n baanbreker-reeks. Dit volg die lewe van ’n groep vroue, meestal lesbiërs, wat in Wes-Hollywood in Kalifornië woon.

Die opvolgreeks, The L Word: Generation Q, is nou op Showmax.

Kyk op Showmax.

6

Mrs. Fletcher

Wanneer haar seun universiteit toe gaan, is Eve Fletcher – in haar veertigs en geskei – by ’n kruispad in haar lewe. Sy moet haarself herdefineër as ’n enkellopende vrou en ’n nuwe lewe uitkerf. Kathryn Hahn speel die rol van Eve. As kyker is jy aan haar kant en jy hoop dat sy die liefde vind wat sy so nodig het. Die reeks kyk na die uitdagings wat egskeiding bring en die ongemaklikheid om weer op dates te gaan – of dit nou met die hoop op ’n verhouding is en of net vir liggaamlike toenadering.

Kyk op Showmax.

7

Normal People

​​Sally Rooney se topverkoper-roman is omskep in hierdie Emmy-bekroonde liefdesverhaal. Dit vertel die storie van ’n paartjie wat mekaar reeds van skooltyd ken en vir verskeie jare ’n aan-af verhouding het.

Kyk op Showmax.

8

Elite

Hierdie reeks het Spaanse-onderskrifte en gaan oor ’n groep studente by ’n spogskool wat in hulle ouers se oë engeltjies is, maar in werklikheid doen hulle alles…en nog meer.

Kyk op Netflix.

9

Sex Education

’n Uiters genotvolle komedie-drama wat nie net skreeusnaaks is nie, maar ook sensitiewe kwessies aanspreek wat tieners nie én volwassenes aanraak. Aan die hoof van die rolverdeling is Otis (Asa Butterfield) wie se ma (The X-Files en The Crown se Gillian Anderson) ’n seksterapeut is. Hy is natuurlik baie skaam oor sy ma se beroep, maar dan oortuig Maeve (Emma Mackey) hom dat hulle dieselfde diens aan hul mede-skoliere moet bied.

Kyk op Netflix.

10

Skins

Voor Euphoria, Elite en Sex Education, was daar Skins (2007–2010), ’n komedie-drama oor ’n groep tieners in Bristol in die suidweste van Engeland. Die storielyne het sake soos disfunksionele families, geestesgesondheid, eetsteurnisse, seksualiteit, dood en boeliegedrag aangespreek.

Kyk op Netflix.

11

After

Tessa is jou tipiese girl next door – stroopsoet. Dis nou totdat sy ’n aantreklike rebel (natuurlik met ’n voorliefde vir motorfietse en leerbaadjies…cliché much?) op universiteit ontmoet. Hardin en Tessa se verhouding is stormagtig tot die mag vyf miljard en – kom ons wees eerlik – blerrie ongesond. Hulle is ewe sleg vir mekaar en bring ook die lelikste in mekaar uit. Maar, die fliek is wel volop vurige tonele wat dit die kyk werd maak…dis nou as jy lank genoeg kan uithou met die belaglike swak toneelspel en draaiboek. Die fliek is gegrond op die topverkoper-roman deur Anna Todd.

Die opvolgfliek, After We Collided, is ook op Showmax.

12

Swaaibraai

Dié Afrikaanse kortfliek draai om ’n paartjie wie se huwelik (en sekslewe daarmee saam) effe, kom ons sê maar net vervelig, geraak het. Dan kom hulle op ’n innoverende oplossing af: Swaaibraai, ’n app vir swingers.

Kyk op Showmax.

13

Fifty Shades of Grey

Die Fifty Shades of Grey-trilogie is gegrond op die gelyknamige boeke deur die skrywer E.L. James.

Dié boeke het uiteindelik ’n wêreldwye fenomeen geword. Só ook die flieks wat daarop gegrond is.

Die premis is geweldig eenvoudig: Anastasia Steele (Dakota Johnson) is ’n naiewe student as haar paaie met dié van die welgestelde en sjarmante sakeman, Christian Grey (Jamie Dornan), kruis. Dit word gou duidelik dat Christian ‘n paar slaapkamer-geheime het… en Anastasia kan net nie wegbly nie.

Kyk nou op Showmax. Die opvolgprent, Fifty Shades Darker, is ook op Showmax.

En nog:

  • Naked SNCTM: ’n Kykie agter die skerms van die mees eksklusiewe seksklub ooit.
  • Gigolos: ’n Realiteitsreeks oor die lewe van manlike sekswerkers.
  • Girls: Lena Dunham se komedie-drama met oorgenoeg sekstonele.
  • Love Island SA: Plaaslike sexy loslopers op soek na liefde – of ’n los gelukkie.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk op DStv in Mei 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die treffende 'Hightown' keer terug met ’n tweede seisoen terwyl die topverkoperboek 'The Time Traveler's Wife' uiteindelik in ’n TV-reeks omskep is.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Dié stroomdiens se eerste oorspronklike Nigeriese fiksiereeks, 'Blood Sisters', ’n nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, 'Savage Beauty', en ’n fiktiewe vertelling van die man wat die term Stockholm-sindroom geïnspireer het.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: 'Troukoors' loop weer hoog, 'The North Water' maak sy debuut, en die skreeusnaakse 'The Righteous Gemstones' keer terug.

Meer

‘Anatomy of a Scandal’: Dié kragtoer se houvas kan jy nie sommer afskud

'Anatomy of a Scandal' se ystergreep laat ses episodes na veels te min voel.

Meer
Sien alle opsies