Menu terloops
In Gons [7 Okt 2024]

André de Villiers verruil 4×4 vir motorfiets op ‘1 Spoor Avonture’


“Daar is ’n besondere bekoring in die vryheid wat ’n mens ervaar wanneer jy op ’n grondpad met ’n motorfiets die oop pad aandurf,” vertel André de Villiers oor sy nuwe realiteitsreeks, ‘1 Spoor Avonture’ op kykNET.

André de Villiers verruil 4×4 vir motorfiets op ‘1 Spoor Avonture’

Vanaf Maandag 7 Oktober 17:30 is André de Villiers, wat kykers van die gewilde program André 4×4 ken, te sien in die nuwe kykNET-program, 1 Spoor Avonture. Daarin durf hy saam met Franswa Smit en Hannes Strydom die pad op hul motorfietse aan.

Franswa en Hannes is albei avontuur-motorfietsryers en die stigters van MyBike Adventures & Touring (MBAT). Franswa is ook die stigter van Motor Cycle Camping South Africa.

Die driemanskap verken van die mooiste plekke in Suid-Afrika, insluitende Amersfoort, Tzaneen, Mariepskop, die Blyderivier-canyon en Kaapschehoop.

1 spoor avonture
Dié driemanskap verken van die mooiste plekke in Suid-Afrika op hul motorfietse. Foto: Verskaf
Franswa Smit. Foto: Verskaf

Daar is ’n besondere bekoring in die vryheid wat ’n mens ervaar wanneer jy op ’n grondpad met ’n motorfiets die oop pad aandurf – die gebrul van die enjin onder jou, die ongerepte natuurskoon wat jou omring. En dís die storie wat 1 Spoor Avonture wil vertel, aldus André.

1 Spoor Avonture gaan oor die lewe op avontuur-motorfietse. Die ryers se avonture, dit wat hulle met die motorfietse aanvang, en talle wenke word in elke episode met kykers gedeel,” vertel André. 

“Daar is ’n besondere bekoring in die vryheid wat ’n mens ervaar wanneer jy op ’n grondpad met ’n motorfiets die oop pad aandurf – die gebrul van die enjin onder jou, die ongerepte natuurskoon wat jou omring… 1 Spoor Avonture wys die kameraadskap van ’n groep ryers wat saam ontdek, impulsiewe roetes verken en legendariese verhale agternasit.”


1 Spoor Avonture word vanaf Maandag, 7 Oktober 2024, om 17:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit sal ook na uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies