Menu terloops

Yellowjackets S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Apr 2023]


In ‘Yellowjackets’ moet ’n groep hoërskoolmeisies 19 maande in die wildernis ná ’n vliegtuigongeluk oorleef. Kyk dit op Showmax.

Kyk nou

Yellowjackets S1-2
Kyk lokprent

Die bekroonde Yellowjackets is terug vir ’n tweede seisoen. Dié sielkundige riller-dramareeks se eerste seisoen het ’n seldsame 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is vir sewe Emmy-toekennings benoem.  

Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Wat volg is ’n stryd om oorlewing totdat hulle 19 maande later uit die wildernis gered word.

Soos met die eerste seisoen word terugflitse weer gebruik om die verlede – waarin die oorlewendes in waansin en kannibalisme verval – met die traumatiese, komplekse nagevolge in die hede te verbind.   

Die tweede seisoen beloof om minstens ’n paar van kykers se brandende vrae te beantwoord, maar daar is nog baie kinkels op pad. Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Die volle eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar met die tweede seisoen wat in weeklikse episodes vanaf 1 April 2023 ook op Showmax gestroom kan word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies