Menu terloops
In Lysie-lysie [6 Jan 2025]

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne


Met die laaste sarsie ‘Wyfie’-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Stroom 'Wyfie'

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Die Afrikaanse universiteitsdrama Wyfie het kykers uit die staanspoor geboei met die reeks se realistiese uitbeelding van jong vroue se universiteitservaring. Die storielyne het dikwels vir emosionele tuimeltreinritte gesorg, maar só ook kon kykers met die karakters, wat veelvlakkig, deurdag uitgeplot en waarlik herkenbaar is, vereenselwig. Die balans tussen fiksie en realistiese raakpunte is grootliks te danke aan Wyfie se talentvolle skryfspan, ja, maar oor die verloop van die reeks se twee seisoene het die akteurs geloofwaardige gestalte aan hul karakters gegee. Van Shay, Amanda, Kyla en Mia en kie is, om dit anders te stel, mense gemaak. 

Dié tweede seisoen het, soos die eerste, vir talle kinkels gesorg wat sosiale media elke week laat gons het. Natasha (Elzet Nel) het opskudding veroorsaak as die nuwe prim van Pantera-koshuis, met ’n termyn gekenmerk deur waaghalsige besluite en onvergeetlike partytjies. Nuwe gesigte het die intrige aangevuur, insluitend Cintaine Schutte as Maggie, Shay (Beáta Bena Green) se ouer love interest, en Zandélle Meyer as Jessie, die Grot-meisies se lewenslustige en onvoorspelbare “huisdogter”. 

Nog wonderlike storielyne sluit in Kyla (Kristen Raath) se stryd met lewensveranderende besluite, Amanda (Celeste Loots) se eerlike gesprekke oor haar verhouding met Simeon, en Shay se interne konflik soos sy gesukkel het om te aanvaar dat Maggie haar as ’n gelyke in hul verhouding sien. 

Maar dis nou die einde van dié grensverskuiwende en bekroonde Afrikaanse reeks – ’n storie wat die plaaslike TV-landskap ten goede verander het. Ons kyk terug na vyf storielyne uit die tweede seisoen wat veral uitgestaan het. 

1

Mia se wraak

Wyfie
Mienke Ehlers as Mia. Foto: Verskaf

Die seisoen het afgeskop met die Otters wat almal bekommerd is oor Mia (Mienke Ehlers) ná die skokonthulling van Mia se mishandeling. Ná baie oortuiging en die mees hartroerende samekoms van sisterhood, besluit Mia en die Otters om Karel (Louw Venter) te expose. Dit lei tot groot komplikasies vir Mia se gesin en die toekoms van die hotel, maar soos die seisoen aangaan, sien ’n mens regtig hoe Mia gegroei het en die vryste en sterkste weergawe van haarself word. Natuurlik het Simeon (Ruan Wessels) ook baie gehelp, al het dit groot wrywing tussen Mia en Amanda veroorsaak. 

2

Kyla se über-rowwe jaar

Wyfie
Ai, Kylatjie! Foto: Verskaf

Hierdie seisoen was ’n flippen rowwe een vir Kyla! In ’n seisoen wat baie van die Wyfies en veral die Otters uitgedaag het, het Kayla nooit regtig haarself gevind nie. Kyla het haarself meer as een keer verloor en dié donker gat het net al groter geword. Haar eerste groot toets hierdie seisoen was toe sy haar perfekte goody two-shoes meisie, Jocelyn (Chelsea Thomas), vir die rebels en ongewilde Delmari (Jade Butcher) gelos het. En toe is sy ook weens finansiële en akademiese probleme uit Pantera geskop. Hoewel die HK tot haar redding gekom het, het sy nooit waarlik van dié struikelblok herstel nie. Te verstane – sy het immers ook haar geloof, haar ouma se liefde, haar plek in Pantera én twee meisies verloor. 

3

Shay en Maggie

CINTAINE SCHUTTE, Wyfie S2
Shay (Beáta Bena Green) en Maggie (Cintaine Schutte) in Wyfie. Foto: Verskaf

Ek is seker almal het ’n knop so groot soos myne in hul keel gehad toe Amanda vir Shay op daardie een laaste spesiale bestie date gevat het, omdat sy gedink het sy Shay sou verloor aan haar perfekte match, Maggie. Min het ons geweet op watter reis hierdie verhouding vir ons sou neem. Van Maggie se BFF wat in die geheim op haar verlief is, tot die ongemaklikheid van Maggie wat Shay se ma se baas is en daardie super awkward meet the parents-aandete tot die laaste spyker in hul verhouding se doodskis… baba Liam!

Sjoe, dit was nou ’n emosionele tuimeltreinrit. Maar was dit ook nie mooi om hierdie twee verskillende vroue en hul egte liefde vir mekaar te aanskou nie? Alles het teen hulle gewerk, maar vir die tydjie wat hulle wel saam was, het dit ’n mens sommer weer in die liefde laat glo. Ongelukkig is saam oudword nie vir Shay en Maggie beskore nie. Die teks vir Maggie was so briljant met Cintaine en Beáta wat uitmuntende toneelspel gelewer het. Hul laaste oomblik saam het my soos een van tydens een van die vroeë Grey’s Anatomy-episodes laat huil. Die emosie van daardie toneel was diep en hartroerend. 

Maar Shay het ook ’n ander groot oomblik hierdie seisoen gehad! Sy het mos in die hospitaal beland en haar kamermaat was niemand anders as die regte Pantera-legende haarself nie… Barbara (Baps) Kannemeyer (Antoinette Louw). 

Wat ’n ongelooflike seisoen vir dié karakter.

4

Amanda se grootste toets

WYFIE, CELESTE LOOTS, AMANDA
Celeste Loots as Amanda in Wyfie. Foto: Verskaf

Niemand het groter as Amanda hierdie seisoen geskrik nie. Toe al die meisies in die Grot se periods sync, was daar een persoon wat uitgemis het en dit kon net een ding beteken… sy’s preggers! Of altans, só het hulle gedink. En eintlik is dit presies wat Amanda vir Simeon gesê het toe sy hom probeer vasvang het. En hy was nie eens ’n opsie vir die pa nie! Danksy ’n ander kinkel was Daniel (Adrian Steyn) ook nie ’n opsie vir die vaderskap van die “kind” nie! Ja, praat van ’n gemors. Amanda het regtig met die liefde hierdie seisoen gestruwel. Sy het maar gesukkel om die stukke op te tel en het die een fout ná die ander gemaak. Om die liefdesreis en teleurstellings van Amanda te aanskou, was amper te erg.

5

Jessie, die nuweling en huisdogter

Zandelle Meyer
Zandélle Meyer as Jessie en Mienke Ehlers as Mia in Wyfie. Foto: Verskaf

Jessie het ’n hele nuwe energie en dinamika in die Grot geskep. Die Otters is almal as haar huismoeders aangewys en elkeen het met ander lesse gekom. Jessie het ’n mens aan ’n tipiese eerstejaarstudent laat dink, baie naïef en met soveel vertroue in die mense om haar. Ongelukkig moes Jessie talle lesse leer en sy het vinnig besef hoe moeilik dinge kan wees… en wie regtig vir jou uitkyk. Haar onthulling van Shay se verhouding was een van die haar beste storielyne, só ook toe sy haar kamer laat vlamvat het.


Die laaste sarsie nuwe Wyfie-episodes word Dinsdag, 7 Januarie 2025, op Showmax beskikbaar gestel. Albei seisoene is op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies