Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Des 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Desember 2024


Amanda probeer realiteit ontwyk, terwyl Kyla se lewe ontrafel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Desember 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Die tweede aflewering van Wyfie word tans op Showmax vrygestel. Daar is elke Dinsdag twee nuwe episodes beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 3 Desember

Baby Daddy Deel 1

In ’n poging om ’n versoek van Daniël te ontduik, reël Amanda ’n Grot-fliekaand. Mia word gedwing om eerlik oor haar optrede te wees. 

Baby Daddy Deel 1

Die Otters ondersteun Amanda om die waarheid te konfronteer, al die dreig die web van leuens om haar in te sluk. 

Wyfie Showmax
Amanda (Celeste Loots) sukkel om die waarheid te konfronteer. Foto: Verskaf

Dinsdag, 10 Desember

Waar daar ’n rokie is

Daar ontstaan ’n brand in Iemand se kamer en die koshuis moet ontruim. Midde dié chaos, kom Mia tot Jessie se redding en Amanda is dankbaar vir die afleiding. 

Geen fenikse hier nie

In die nadraai van die brand, probeer Jessie haar geheim hou. Mia is steeds op die oorlogpad met die Otters en Natasha beraam ’n gevaarlike plan.

Dinsdag, 17 Desember

Eilande

Die HK word geskors, Natasha trek uit, Shay is siek, Amanda is eensaam, Kyla word amper uitgevang vir kroekery en Mia besef sy is tog lief vir die koshuis.

Die engel

Shay word in die hospitaal wakker. Sy deel ’n kamer deel met die regte Barbara Kannemeyer, wat haar nuwe perspektief gee.

Dinsdag, 24 Desember

Een week later

Kyla loop haar vas in die nagevolge van haar optrede. Amanda sukkel om vrede te maak met Mia. Shay herstel nadat sy met Maggie opgebreek het.

Warm water

Die Otters gaan laai vir Kyla af nadat sy geskors word, maar hulle besef hoe diep in die moeilikheid Kyla regtig is.

Wyfie Showmax
Shay (Beáta Bena Green) en Maggie (Cintaine Schutte) se verhouding kom tot ’n einde. Foto: Verskaf

Dinsdag, 31 Desember

Keeping it classy

Dis Jessie se eerste huisdans, en André is haar date, wat natuurlik die Otters vreeslik oorbeskermend maak. Daniel konfronteer vir Simeon by die huisdans.

Die pandemie

Daar breek ’n siekte in die koshuis voor die groot sêr-uitdunne uit. Mia neuk haar eerste werkie as HK op. Amanda en Shay kom tot haar redding. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies