Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Apr 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Mei 2024


Amanda se troebel verlede kom onder die loep, terwyl Kyla dalk ’n bietjie te hard kuier. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Mei 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes word elke Dinsdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 7 Mei 2024

“Blindspot”

’n Vloek is oor Kyla uitgespreek; sy probeer haar bes om die noodlot te ontglip. Amanda lewer kommentaar op Shay se sekslewe. Mia moet teensinnig ’n draai by Duane gaan maak.

Wyfie, hoogtepunte, prikkels, kykgids
Kyla word deur Kristen Raath vertolk. Foto: Verskaf

“Huisdans”

Die Grot-otters trek saam om Amanda in ’n moeilike tyd te help. Shay probeer om ’n gebroke verhouding te herstel. Duane toets Mia se grense. ’n Onverwagse gas stuur skokgolwe deur Pantera.

Dinsdag, 14 Mei 2024

“Spookdeeltjies”

Die deure na die prim se woonstel word een keer ’n jaar oopgegooi vir almal en dis ’n groot partytjie. Kyla wil vir Jocelyn soen. Shay besef iets skokkends van Amanda.

“Dolla” 

Amanda vat ons terug in tyd, en maak vir die eerste keer oop oor haar geweldadige verlede, en die aaklige gebeure wat haar gemaak het wie sy is.

Wyfie, hoogtepunte, prikkels, kykgids
Celeste Loots as Amanda. Foto: Verskaf

Dinsdag, 21 Mei 2024

“Here, mag ek liefhê”

Kyla haak uit, en kuier hard. Miskien ’n bietjie te hard. Maar Shay worry, want agter dít als lê ’n besluit wat Kyla se toekoms gaan bepaal.

“As”

Amanda smag na kwaliteit-tyd met Hanco, maar word gou gefrustreerd deur haar broer se afsydige houding. Amanda se planne word verder gekompliseer deur ’n roekelose, onwetende Mia.

Dinsdag, 28 Mei 2024

“Assassins”

’n Ou Pantera-tradisie het die hele huis op sy kop gekeer. Nastasha en Judy vorm ’n onwaarskynlike alliansie. Simeon sien ’n lelike waarheid binne sy verhouding raak.

“Finale waarskuwing” 

Amanda en Hanco veg teen die spoke van hul verlede. Sal die kraak in hul verhouding Wilmien en Daniel finaal uitmekaar breek? Tannie Adri probeer Amanda se onstuimigheid tem.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies