Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Mei 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Junie 2024


Shay leer die waarheid oor haar pa terwyl Natasha slinkse planne het. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Junie 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes word elke Dinsdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 4 Junie 2024

“Effing Ermelo”

Thando reël ’n verrassing vir Mia in ’n hotekamer. Maar is dit meer as wat Mia kan hanteer? Of is dit presies wat sy nodig het?

“Kill your darlings”

Die hele kampus maak gereed vir ’n groot kulturele geleentheid. Soos wat Shay in haar skryftalent delf, ontdek sy ’n teer waarheid rakende haar verhouding. 

Wyfie
Beáta Bena Green vertolk die rol van Shay in Wyfie. Foto: Verskaf

Dinsdag, 11 Junie 2024

“Die warmste dag van die jaar”

Dis die warmste dag van die jaar, en die spanning loop hoog langs die universiteitswembad. Daniel, Hanco en Simeon probeer om hul hoogs plofbare ego’s in toom te hou.

“Dors”

Leo Manskoshuis hou hul jaarlikse Dors-dag en Daniel is vasberade om dit die beste een nóg te maak. ’n Oorgretige Hanco wurm hom in by die tradisie wat lelik skeefloop.

Dinsdag, 18 Junie 2024

“Verwagtinge”

Dis die dag van Ragel se groot boekbekendstelling. Tussen die intellektuele elite van Eikestad raak Shay so bietjie weg en Neo staan uit. Shay en Ragel eindig in die spervuur op. 

“Mandla, 1996”

In ’n terugflits-episode na Londen in die laat negentigs, leer Shay haar ma en pa as studente ken. Sy vind die waarheid uit oor waarom haar pa nie in Suid-Afrika gebly het nie.

Dinsdag, 25 Junie 2024

“Vreet en vergeet”

Wilmien veg teen sabotasie terwyl sy ’n reünie probeer reël – net om te besef dat haar pogings deur Natasha se slinkse planne verydel word. Kyla se oë dwaal.

WYFIE
Marguerite van Eeden as Wilmien. Foto: Verskaf

“Wildemien”

Wilmien se dae is getel terwyl Mia haar hoërskooldae met Wilmien herroep. Dinge raak moeilik tussen Daniel en Hanco wanneer Baksteen kompeteer vir die posisie van beste vriend.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies