Menu terloops
In Wat om te kyk [14 Jul 2022]

Woordfees het wéér eie opwip-kanaal: Dís hoe jy kan kyk


Die Woordfees TV-fees word vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150 (ook op DStv Online), en in Namibië op GOtv-kanaal 27, uitgesaai.

Kyk nou

Woordfees het wéér eie opwip-kanaal: Dís hoe jy kan kyk
Kyk lokprent

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar nogmaals dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150 (ook op DStv Online), en in Namibië ook op GOtv-kanaal 28, op die lug wees.

Alle Suid-Afrikaanse DStv-intekenaars met ’n Premium-, Compact Plus-, Compact- of Family-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. In Namibië word die Family-pakket egter uitgesluit.

Dit is die tweede keer wat die Woordfees só aangebied word. Volgens Saartjie Botha, direkteur van die fees, skep dié opwip-kanaal ’n ruimte om die kunste te stimuleer terwyl dit ook toegang tot die kunste verbeter.  

Wat is op die program? 

Die programinhoud sluit ’n wye verskeidenheid van genres in wat topplaaslike talent ten toon stel: teater, skrywers en boeke, dans, leefstyl, stand-up-komedie, kontemporêre en klassieke musiek, film, diskoers en visuele kuns. Die program het ’n sterk fokus op gehalteboeke, -teater, -musiek en -film in Afrikaans. Vanjaar sluit die program ook besprekings oor landboukwessies in. ’n Keur van die gewildste 2021 Woordfees TV-programme sal buite spitskyktye uitgesaai word. Nuwe programme wat spesiaal vir die 2022 TV-fees vervaardig is, sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Onder die hoogtepunte sluit in:

  • 18 nuwe boekgesprekke op die program, onder meer oor Dol heuning met SJ Naudé.
  • Die Woordfees TV-teaterreeks sluit in: Proscenium: Toutjies & Ferreira, Krismis van Map Jacobs en Die Naaimasjien.
  • Die Toyota Groot Vyf-konsertreeks bied ’n groot verskeidenheid – van die Afrika-blues tot die klassieke kabaretkuns van Jacques Brel en Edith Piaf. Dit sluit in Al om Antjie en Saluut, Theuns Jordaan.
  • ’n Verskeidenheid klassieke musiekkonserte, insluitend: Universiteitskoor Stellenbosch University Choir 2022, Huldeblyk aan Stephenson en Rajna, en Zorada in Orrelstemmingh.

Kliek hier vir die volledige skedule en hier vir meer inligting oor die programinhoud.

Hoe kyk ek Woordfees TV?

Stroom dit op DStv Online, of kyk deur jou dekodeerder.

Woordfees 2022
Woordfees 2022
Woordfees 2022

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies