Menu terloops
In Lysie-lysie [23 Jun 2022]

Wie’s wie in die rillerreeks, ‘Pulse’


Die opwindende nuwe rillerreeks, ‘Pulse’, is nou op Showmax. Hiér vertel ons jou meer oor die reeks se karakters en die akteurs wat dié rolle vertolk.

Kyk nou

Wie’s wie in die rillerreeks, ‘Pulse’
Kyk lokprent

Showmax Original se oorlewings-rillerreeks, Pulse, dompel ons in ’n donker, versteurde wêreld nadat ’n elektromagnetiese polsbom die elektriese toestelle en bedrading in ’n ou kantoorblok verskroei.

Maar die gevolge van die polsbom strek verder – ’n groep videospeletjieskeppers is in die gebou as die polsbom tref. Hulle word in ’n stryd tussen lewe en dood binne die einste speletjie wat hulle geskep het, vasgevang. Dis omtrent ’n trip en jy kan dit nou op Showmax kyk.

Pulse se regie is deur die veelbekroonde Sallas de Jager (Dominee Tienie). Die Emmy-wenner Steve Lanning, is die reeks se vervaardiger. Die draaiboek is deur Stephen Clarke behartig. 

Die karakters is boeiend en word deur ’n briljante rolverdeling vertolk. Sam Wright het onderhoude met van die hoofspelers van die rolverdeling gedoen en ons het als in dié artikel saamgetrek.

1

Tarryn Wyngaard as Jasmine “Jaz” Williams

‘Pulse’ wakker oorlewingsdrang aan, sê Tarryn Wyngaard oor Showmax-reeks se lokkrag

Tarryn Wyngaard, die SAFTA-bekroonde ster van Noem My Skollie, vertel oor haar hoofrol in die Showmax Original-rillerreeks, Pulse, nou op Showmax.

2

Thapelo Mokoena as Errol

Thapelo Mokoena is ’n SAFTA-bekroonde akteur en vervaardiger, veral bekend vir sy rolle in Wild at Heart, Bulletproof S3 en Trackers. Hy is in Ladysmith, KZN, gebore en is ook ’n wynprodusent en -restauranteur.

Errol is van kleins af ’n game freak, en hy is ‘n natuurlike psigopaat. Hy weet hoe om die wêreld vir hom te laat werk, en hy mors nie tyd of energie op enigiets (of enigiemand) as dit hom nie gaan baat nie. 

3

Carel Nel as Eddie Coetzee

Carel Nel oor ‘Pulse’: Vreemde, andersoortige karakters is sy jol

Die akteur Carel Nel, dubbele Silwerskermfees-wenner en ster van Rage en Gaia, gesels oor sy grillerige nuwe rol in die Showmax Original-reeks, Pulse.

Carel Nel in Pulse
4

Sven Rugyrok as Dominic

Dominic se pa, ’n polisiebeampte, is dood toe hy jonk was, en Dom het nooit ’n goeie woord oor hom van sy ma gehoor nie. Hy is die gebou se opsigter, en sy praktiese kennis van die gebou se struktuur maak hom die obvious keuse om die groep in hul oorlewingstryd te lei. Maar daar is meer aan Dom as wat ons op die oog af sien.

Sven Rugyrok is veral bekend in Suid-Afrika omdat hy Rambo in die Spud-franchise gespeel het, asook teenoor Orlando Bloom in Zulu. Hy is ook ’n gimnas wat vir die bekende Cirque du Soleil gekies is terwyl hy nog op hoërskool was.

5

Earl Wan as Caspar Lee

Caspar het ’n donker geheim uit sy verlede wat aan sy siel vreet. Hy en Jaz is beste vriende, en hulle deel selfs dieselfde geneigdheid om slegte keuses te maak as dit by sake van die hart kom. Hy is besonder slim en is ’n briljante videospeletjie-ontwerper. Hy moet sy verlede trotseer as die polsbom die mure in sy geheue afbreek.

Earl Wan is ’n Britse akteur en skrywer wat al in die alombekende Coronation Street gespeel het. Hy het ook rolle in Just Mates en Supercapitalist gehad.

6

Albert Pretorius as Denny

Albert Pretorius oor ‘Pulse’: ‘Gruwel gaan oor menslike stories’

Die bekroonde akteur Albert Pretorius vertolk ene Denny in Pulse, Showmax se nuutste oorspronklike reeks.

Sien ook vir Albert op Showmax in:

Albert Pretorius in Pulse

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies