Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Sep 2021]

Wesens


Jy gaan wraggies nie kan asemskep nie.

Kyk nou

Wesens
Kyk lokprent

Wesens (2020) is ’n senutergende rit as een van Suid-Afrika se enigste found-footage produksies.

As ’n vreemde vlieende voorwerp in 1967 in die middel van die Karoo se nêrens beland, stel vier lede van die Suid-Afrikaanse intelligensiedienste ondersoek in. Soos die agente die raaiselagtige verskynsel ondersoek, neem een van hulle koers in op ’n persoonlike ontdekkingsreis wat tot lewensveranderende gevolge lei.  

Wesens is enig in sy soort in die Suid-Afrikaanse rolprent-landskap – met ’n kombinasie van arthouse en found footage kinematografie, is die visuele impak iets besonders. Die fliekresensent Leon van Nierop het dit as een van sy topflieks van 2020 bestempel. “Wesens is soos niks wat jy nog in Afrikaans gesien het nie.” 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies