Menu terloops

Wednesday S1

Op Netflix [Gepubliseer op 23 Nov 2022]


Sowat 30 jaar ná die vrystelling van ‘The Addams Family’, bied ’n nuwe Netflix-reeks ’n amperse eerbetoon aan een van die karakters in ‘Wednesday’.

Wednesday S1

Die karakter Wednesday Addams het so eie met die aktrise Christina Ricci se vertolking in die 1991-fliek, The Addams Family, geraak, dat dit moeilik is om enige ander aktrise as die weirdly wonderful witchy kreatier te verbeel. Wie anders sou die slim, sarkastiese suurknol met geniale egtheid kan vertolk? 

Sowat 30 jaar ná die vrystelling van die oorspronklike fliek, bied ’n nuwe Netflix-reeks ’n amperse eerbetoon aan die karakter. Só dan ook aan die aktrise wat haar destyds in die lewe geroep het.

Wednesday draai om die einste karakter met haar donker hare, haar groot, sielvolle/siellose oë (it could go either way), en haar ewige aardige familie. Maar nou staan Jenny Ortega in die rol. Ortega sal jy dalk onthou as die kind-weergawe van Jane in die CW-reeks Jane the Virgin.

Die reeks speel af tydens Wednesday se tyd aan Nevermore Academy. Terwyl sy haar ontluikende psigiese vermoëns probeer bemeester, poog sy ook om ’n rits moorde te stuit én die bonatuurlike raaisel oplos waarin haar ouers al vir 25 jaar gewikkel is. 

Catherine Zeta-Jones staan die skoene van die oorspronklike Morticia Addams – Angelica Huston – oortuigend vol. Ricci is ook terug – die keer as Marilyn Thornhill. Luis Guzmán speel Gomez Addams en Isaac Ordonez vertolk Pugsley Addams. Ook in die (baie, baie groot) rolverdeling is Game of Thrones se Gwendoline Christie.

Vanaf 23 November op Netflix. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies