Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Sep 2023]

Wat om te kyk: Sake van die hart in ‘Love Is Blind’, ‘Still Up’, ‘Sex Education’ en meer


Die ware verhaal van ’n wêreldberoemde stoeier in ‘Cassandro’; ‘Yellowstone’ se prequel, ‘1883’; ’n romantiese komediereeks oor twee insomniacs in ‘Still Up’; die laaste seisoen van die heerlike komediedrama ‘Sex Education’; en die vyfde seisoen van die uiters gewilde ‘Love is Blind’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: Sake van die hart in ‘Love Is Blind’, ‘Still Up’, ‘Sex Education’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 18 tot 24 September 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Love Is Blind S5 

Episodes 1-4 is vanaf 22 September 2023 op Netflix beskikbaar. Episodes 5-7 word op 29 September 2023 beskikbaar gestel. 

Love Is Blind, meen The Guardian se Lucy Mangan, is “basies crack. Of meth. Of crack-meth. Jy gaan besluit om dit een aand vir vyf minute voordat jy gaan slaap te kyk, net om jouself steeds op die rusbank met sonsopkoms die volgende dag te vind.”

Só verslawend soos wat dié realiteitsreeks is, is dit ook problematies in hoe dit verhoudings uitbeeld – soos wat die geval met meeste maatsoek-programme maar is. Hier gaan die skeppers egter ’n stappie verder met enkellopendes wat uiteindelik verloof raak sonder dat hulle ooit hul aanstaande in persoon ontmoet. 

Kom ons rewind gou; dís hoe dit werk: Die reeks volg 15 mans en 15 vroue – almal woon min of meer in dieselfde gebied – wat vir tien dae ’n rits dates met mekaar in pods het, waar hulle met mekaar kan praat, maar nie vir mekaar kan sien nie. Dié enkellopendes kan enige tyd vir wie ook al vra om te trou, en eers as daar ’n ja-woord vir ’n verlowingsaanbod gegee word, kan die paartjie mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet. Daarna gaan die verloofde paartjies vort na ’n luukse couples retreat waar hulle mekaar beter leer ken en ook ander deelnemers ontmoet. 

Hokaai, dit eindig nie daar nie, die show het bene. Hierna trek die paartjie vir vier weke saam in en ontmoet mekaar se vriende en familie en kom die meer  ‘bleh’-deel van enige verhouding onder die loep. Jy weet, finansies, daai gewoontes wat jy eintlik wil wegsteek, moeilike besluite oor waar julle gaan woon, en en en… In die tyd beplan hulle ook hul troue wat aan die einde van die vier weke plaasvind. En daar by die altaar besluit hulle finaal of hulle “I do” gaan sê.

1883

Vanaf 18 September 2023 op Showmax.

1883 is deel van die gewilde Yellowstone-franchise en dien as sy origin story

Dié reeks speel af in die nasleep van die Amerikaanse Burgeroorlog, en volg die Dutton-familie soos hulle armoede probeer ontsnap en van die Weste na Montana reis. Daar begin hulle wat weldra as die Yellowstone Ranch bekend sou staan. Tim McGraw (James Dutton) en Faith Hill (Margaret Dutton) vertolk die hoofrolle. Dié twee is in die werklike lewe al vir jare getroud. Onder die gasspelers in die reeks tel die Oscar-wenners Tom Hanks en Billy Bob Thornton.

Die reeks het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat ’n mens nie Yellowstone hoef te kyk om 1883 te geniet nie. Emily Potts van TheWrap skryf: “Selfs vir kykers wat nog nie in Yellowstone gedelf het nie, voer (1883 se) spanning en intensiteit (jou) mee.”

Jy kan ook Yellowstone op Showmax kyk.

Sex Education S4 

Vanaf 21 September 2023 op Netflix.

Dis die heel laaste aflewering van een van die beste Netflix-reekse nog. Nie net het die reeks ons ’n Gillian Anderson soos nooit van te vore gegee nie – die jong akteur Asa Butterfield het ook op onverwagte maniere hierin verbaas en geblom. Lees meer oor die reeks en die laaste seisoen in vandeesmaand se Redakteurskeuse.

Made of Money With Brian Cox S1

Vanaf 20 September 2023 op Showmax.

Made of Money With Brian Cox is ’n interessante dokumentêre program wat ons verhouding met geld en welvaart onder die loep neem.

Die tweedelige program volg Cox, veral bekend vir sy prysenswaardige vertolking in Succession, soos hy ondersoek instel na die impak van welvaart op die samelewing soos die inkomste- en welvaartgaping tussen mense en groepe al groter word.

Hy deel sy eie storie van brandarm jong seun na een van die hoogs betaalde Hollywood-akteurs soos hy met supermodelle in Miami gesels, sy moue oprol en help skep in ’n sopkombuis in die Bronx, New York, en kuier in die duurste huis in Londen. Daarmee saam skroom hy nie om moeilike vrae te vra oor hoekom die rykste 1% meer as die helfte van die hele wêreld se welvaart besit en armes in al moeiliker omstandighede moet sukkel om oorlewing.

Jy kan ook al vier seisoene van Succession op Showmax kyk.

Still Up S1

Vanaf 22 September 2023 op Apple TV+.

Die lieflike Britse romantiese komediereeks vertel oor twee insomniacs, Danny (Craig Roberts) en Lisa (Antonia Thomas) met ’n eiesoortige verhouding.

Lisa is ’n kunstenaar en Danny is ’n baie sosiale angstige joernalis wat saam-saam wakker bly terwyl die res van die stad slaap. Dié twee gesels met mekaar vir ure, sonder om ooit te ontmoet, en leer mekaar so goed ken dat daar later geen geheime tussen hulle is nie… Behalwe dat hulle albei gevoelens of the romantic variety vir mekaar koester.

Cassandro

Vanaf 22 September 2023 op Prime Video.

In Cassandro, ’n biografiese film oor Saúl Armendáriz, lewer Gael García Bernal ’n loopbaanbeste vertolking as dié  gay amateur-stoeier van El Paso. Saúl skep vir homself ’n karakter as ’n stoeier, ene Cassandro, die “Liberace of Lucha Libre”. (Lucha libre is ’n spesifieke stoeistyl wat in Mexiko sy oorsprong het.) Soos Saúl, as Cassandro, internasionale roem wen, werp hy nie net die macho stoeiwêreld omver nie, maar ook sy eie lewe. 

Die fliek se regie is deur die Oscar-wenner, Roger Ross Williams, met beide sy regisseurshand en García Bernal se spel wat reeds luid deur resensente geloof is. Lyvie Scott van Inverse skryf dat “García Bernal Saúl se unieke storm van emosies, vrese en onsekerheid vasvang soos niemand anders kan nie.” 

Collider se Ross Bonaime skryf weer dat dié verhaal oor uit die kas klim en aanvaarding, boeiend en roerend is. “(García) Bernal lewer heel moontlik sy beste vertolking nog in hierdie pragtige verhaal van selfontdekking en om die mens te word wat jy nog altyd veronderstel was om te wees.” 

Ook nuut hierdie week

Vanaf 18 September 2023:

My Little Pony: Make Your Mark Chapter 5, Netflix
Fire Country, Showmax 
Becoming S2, Showmax
The Italian Job, Showmax
Legends of the Guardians: The Owls Of Ga’Hoole, Showmax
Mothering Sunday, Showmax
The Spongebob Squarepants Movie, Showmax
The Spongebob Movie: Sponge Out of Water, Showmax

Vanaf 19 September 2023:

Kountry Wayne: A Woman’s Prayer, Netflix
The Saint of Second Chances, Netflix
Boerbokke, DStv Stream (VIA, kanaal 147) om 17:00, DStv Catch Up ná uitsending

Vanaf 20 September 2023:

Hard Broken, Netflix
The Super Models, Apple TV+
Houvrou of Trouvrou, DStv Stream (VIA, kanaal 147) om 20:00, DStv Catch Up ná uitsending

Vanaf 21 September 2023: 

Friday Night Dinner, BritBox
Scissor Seven S4, Netflix
Gamera: Rebirth, Netflix
Breaking, Showmax
Crossword Mysteries: A Puzzle To Die For, Showmax
The Hangover 1-3, Showmax
Tears of the Sun, Showmax
What Men Want, Showmax
Zone 414, Showmax

Vanaf 22 September 2023:

Heels, DStv Stream (kanaal 115) om 22:00, DStv Catch Up ná uitsending
How To Deal With a Heartbreak, Netflix 
The Black Book, Netflix 
Spy Kids: Armageddon, Netflix 
Hush Hush, Prime Video 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies