Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Aug 2022]

Wat om te kyk op Showmax in Augustus 2022


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Kim Engelbrecht in ‘Reyka’, die nuwe wetenskapfiksiereeks ‘La Brea’ en ’n waremisdaaddokkie wat jou jou eie geheue sal laat bevraagteken.

Wat om te kyk op Showmax in Augustus 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Reyka

Reyka, wat die lewe van die briljante misdaad-profiler, Reyka Gama (vertolk deur Kim Engelbrecht) volg, is vanaf 1 Augustus op Showmax beskikbaar.

Tarren-Lee Habelgaarn skryf: “Nadat sy as kind deur ’n boer (Iain Glen van Game of Thrones en Downton Abbey) ontvoer is, is Reyka getraumatiseer deur die ervaring, maar dit help haar om die denkwyses van Afrika se bekendste misdadigers te verstaan. Sy ondersoek ’n reeks wrede moorde wat deur ’n reeksmoordenaar in die suikerrietlande van KwaZulu-Natal gepleeg is en terwyl sy dit doen, ontbloot sy geheime en leuens. Sy vind ook genesing en vergifnis, maar word ook deur haar ontvoerder gemanipuleer. Jy kan nie anders as om hierdie reeks te binge nie, want as jy eers begin, sal jy nie kan stop nie.”

This Is Going to Hurt

Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir en is nou op Showmax beskikbaar.

Die reeks volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se chaotiese verloskunde- en ginekologie-afdeling. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. Dit klink ernstig – en dit is – maar verweef met ’n eiesoortige en egte humor wat jou intrek. Laughter is the best medicine, laat This is Going to Hurt blyk.

Die hoofrol word nommerpas deur Ben Whishaw (Fargo) vertolk.

Die reeks het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

The Responder

The Responder het ’n besonderse punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes – met goeie rede. Martin Freeman (The Hobbit-trilogie, Fargo) lewer uithalerspel in dié drama as Chris Carson, ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou. Daarby is die pas lekker vinnig, wat die reeds meesleurende storielyn ’n onweerstaanbare dringenheid gee.

Die reeks speel in Liverpool af en die draaiboek is deur ’n voormalige polisiebeampte van dié stad, Tony Schumacher, geskryf. Volgens Schumacher is die vyfdelige reeks fiktief, hoewel dit wél geïnspireer is deur die uitdagings wat hy deur die loop van sy loopbaan moes hanteer het.

Die storie volg Carson terwyl tydens die nagskof aan diens is. Ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. 

The Responder is vanaf 1 Augustus op Showmax beskikbaar.

The Equalizer S2

The Equalizer, met die Oscar-benoemde Queen Latifah in die hoofrol, se tweede seisoen is vanaf 16 Augustus op Showmax beskikbaar. En goeie nuus: Dié gewilde spioen-rillerreeks is reeds vir beide ’n derde én vierde seisoen hernu.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige 2014-rolprent met Denzel Washington, en is ook ’n semi-herverwerking van die oorspronklike TV-reeks wat in die 1980s vir vier seisoene uitgesaai is.

Die storie volg Robyn McCall (Latifah), ’n eks-spioen en enkelma, soos sy mense help wat geen ander heenkome het nie. The Guardian beskryf die reeks as “trooskyk in moeilike tye” terwyl The AV Club Latifah vir haar spel loof.

La Brea S1

As ’n reuse-sinkgat in die middel van Los Angeles ontstaan, word ’n gesin in twee geskeur. Terwyl die pa en dogter die ramp net-net oorleef, val die ma en seun die gat binne. Só beland hulle saam met ’n groep vreemdelinge in ’n vreemde oerwêreld. Van albei kante probeer die gesin als om te herenig en dis dan wat die pa besef die visioene wat hom teister die sleutel tot hul geliefdes se redding is. 

La Brea is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Die rolverdeling van dié wetenskapfiksiereeks sluit onder andere vir Natalie Zea (Justified) en Eoin Macken (Resident Evil: The Final Chapter) in.

Vanaf 1 Augustus op Showmax.

Spreadsheet

Die BAFTA-wenner Katherine Parkinson (Jen in The IT Crowd) speel in die Aussie-komedie Spreadsheet. Sy vertolk Lauren, ’n pas geskeide ma van twee kinders, wat haar no strings attached-sekslewe met ’n spreadsheet bestuur.

Hoe anders moet sy by als uitkom? Lauren het immers ’n suksesvolle loopbaan as ’n prokureur, twee baie ongehoorsame, maar skreeusnaakse kinders en ’n effens, dog merkbaar, onbekwame eksman. Sy is BESIG.

Die Sydney Morning Herald het Spreadsheet vier sterre gegee en Parkinson se “onberispelike komiese tydsberekening” geprys.

Vanaf 1 Augustus beskikbaar om te kyk.

Dear Evan Hansen

Dear Evan Hansen is ’n verwerking van die gelyknamige Tony- en Grammy-bekroonde musiekblyspel. Dit draai om ene Evan, ’n hoërskoolleerder met ’n sosiale angsversteuring wat die selfdood van ’n klasmaat moet verwerk. Só begin ’n anderse tipe selfontdekkingsreis soos Evan leer om homself te aanvaar. 

Die rol van Evan word deur Pitch Perfect se Ben Platt vertolk. Platt het ook die karakter op die planke gespeel. 

Vanaf 4 Augustus beskikbaar om te stroom.

Mind Over Murder

Hierdie HBO waremisdaadreeks vertel die bisarre en sielkundig komplekse verhaal van ses mense wat in 1985 skuldig bevind is aan die moord op ’n geliefde 68-jarige ouma, Helen Wilson. Ten spyte van vyf van die beskuldigdes wat oorspronklik skuld beken het, is die “Beatrice Six”, soos hulle bekend geword het, in 2009 met DNS-bewyse vrygespreek. Dié wending het Helen se familie geskok en die plattelandse dorpie waar die moord plaasgevind het, verdeel.

Terwyl die filmmakers die saak volg vanaf die moord en deur die loop van die ondersoek, die verhoor, die uiteindelike kwytskelding en twee siviele sake, ontstaan ’n vreemder-as-fiksie-verhaal wat die betroubaarheid van bekentenisse en geheue onder die loep neem.

Die reeks, bestaande uit ses episodes, het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Hollywood Reporter wat skryf: “Die eerste deel is soms herhalend, en die tweede deel onderbedien, maar Mind Over Murder bly ’n uitlokkende (storie), wat enige soort eenvoudige held/skurk/slagoffer-klassifikasie uitdaag.

Kyk dit vanaf 1 Augustus op Showmax.

Ook nuut op Showmax in Augustus:

1 Augustus 2022

  • The Baby
  • 9 Bullets 
  • A Series of Unfortunate Events
  • Fiesta S22-23
  • Have Faith S1
  • Lasizwe S1
  • La’t Wiel S6
  • Miss Delivery
  • Outopsie S1
  • African Zulu Goddess
  • The Good Karma Hospital S4
  • The Time Traveler’s Wife
  • A Black Lady Sketch Show S3
  • Wu-Tang Clan: Of Mics and Men
  • Landscapers (Ed’s Choice)
  • The Gilded Age (Ed’s Choice)
  • Lady Boss: The Jackie Collins Story (Ed’s Choice)

2 Augustus

  • Big Brother Naija S7: The Buzz

4 Augustus 2022

  • Die in a Gunfight
  • Hannes Aan Huis S1-4
  • How To Train Your Dragon
  • Life Begins: Riaad Moosa
  • Met ’n Huppel In Die Stap S8-11
  • Monster Trucks 
  • The Lost City of Z
  • Sing
  • The Deal
  • Huisgenoot Ware Lewensdramas S8
  • Mohale: On the Record 

5 Augustus 2022

  • The Wife: Behind the Veil

8 Augustus 2022 

  • A Horse Called Wish
  • Bee Movie
  • Camp Getaway
  • Hart in Bos
  • Monsters vs Aliens
  • Night of the Sicario
  • Tiaan Proe S1
  • The House on Seahorse Bay
  • The Comedy Central Roast of Khanyi Mbau, brought to you by Showmax 

11 Augustus 2022

  • Date Agteruit S1
  • Habit
  • Myne Vir Joune
  • Skyfire 
  • Our Perfect Wedding 
  • XXX: Return of Xander Cage
  • Scream (2022) (Ed’s Choice)

15 Augustus 2022

  • How To Adventure S1
  • Kom Ons Trou Nou S3
  • Lara Croft Tombraider
  • Lara Croft Tombraider: The Cradle of Life
  • Spoedgrens
  • Wanted
  • No Man of God
  • The Comedy Central Roast of Khanyi Mbau, brought to you by Showmax (Uncensored)
  • Undercurrent: The Disappearance of Kim Wall

18 Augustus 2022

  • Coming To America
  • Norm of the North: Keys To The Kingdom
  • The Gateway
  • Copshop

22 Augustus 2022

  • G.I. Joe: The Rise of the Cobra
  • G.I. Joe: Retaliation
  • Vuurdoop
  • Seance

25 Augustus 2022

  • The Dictator
  • Madagascar: Escape To Africa
  • Madagascar 3: Europe’s Most Wanted
  • Norm of the North: King Sized Adventure 
  • County 49
  • Last Night In Soho

28 Augustus

  • Sing 2

29 Augustus 2022

  • Teenage Mutant Ninja Turtles
  • Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows 
  • The Ride
  • Snake Eyes: G.I. Joe Origins

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies