Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Okt 2021]

Wat om te kyk op Netflix in Oktober ’21


Die Suid-Afrikaanse reeks ‘Blood and Water’ maak internasionaal opslae en die tweede reeks is sopas op Netflix beskikbaar gestel. Hierdie is een van vele hoogtepunte op Netflix in Oktober.

Wat om te kyk op Netflix in Oktober ’21

Britney vs Spears

Joernalis Jenny Eliscu en die filmmaker Erin Lee Carr ondersoek Britney Spears se stryd om haar pa, Jamie, se omstrede kuratorskap ná 13 jaar te beëindig.

Dié dokkie is die dag voordat Jamie as kurator deur die hof verwyder is, op Netflix uitgereik, en voel dus ietwat dated. Daar is onlangs ook soveel dokkies en programme oor dié deel van die popster se lewe vrygestel, dat dit boonop sukkel om iets nuut te vertel. Daar is wel eksklusiewe onderhoude en vertroulike dokumente en dít is uiteindelik wat Britney vs Spears die kyk werd maak. Die openingstonele is veral treffend en die onskuldige glimlag van ’n veel jonger en gelukkiger Britney, skep ’n heersende atmosfeer van hartseer oor dit wat haar ontneem is: vryheid. En vryheid is al wat sy wil hê.

Met Britney Spears, Jenny Eliscu en Felicia Culotta. Regie deur Erin Lee Carr.

The Guilty

’n Troebel speurder word verplaas na die 911-noodsentrum en moet bontstaan om ’n inbeller te red wat in lewensgevaar. Die fliek speel af oor die loop van een oggend tydens dié enkele noodoproep wat verreikende gevolge meebring. Dis ’n dag van onthullings waarin die speurder besef niks is soos dit voorkom nie.

Met Jake Gyllenhaal, Ethan Hawke en Riley Keough. Regie deur Antoine Fuqua.

Blood & Water S1-2

’n Kaapstadse tiener se paaie kruis tydens ’n partytjie met ’n swemster aan ’n privaatskool en sy begin wonder of dié meisie nie haar suster is wat ná geboorte ontvoer is nie.

Met Ama Qamata, Khosi Ngema en Gail Mabalane. Regie deur Nosipho Dumisa.

Dear White People S1-4

Studente navigeer daaglikse ontbeuringe en ontluikende politiek by ’n Ivy League-universiteit wat nie naastenby so “post-rassisties” is was dit dink nie.

Met Logan Browning, Brandon P. Bell en DeRon Horton. Regie deur Justin Simien.

Maid

’n Jong ma probeer om werk as ’n huishulp te kry om vir haar kind te sorg en ’n beter toekoms te bou, nadat sy uit ’n gewelddadige huwelik ontsnap.

Met Margaret Qualley, Andie MacDowell en Nick Robinson. Regie deur John Wells.

Sex Education S1-3

Ondanks die hulp van sy seksterapeut-ma Jean, en aanmoediging van sy vriend Eric, is Otis in die derde aflewering van die reeks steeds onbeholpe wat sy liefdeslewe betref. Hy het darem aan sy talente in die slaapkamer ge…skaaf.

Met Asa Butterfield, Gillian Anderson en Ncuti Gatwa. Regie deur Ben Taylor.

Brooklyn Nine-Nine S1-7

Die briljante (en kinderlike) speurder Jake Peralta moet leer om die reëls te volg en om ’n spanmaat te wees nadat sy span ’n nuwe kaptein kry.

Die agtste en laaste seisoen het pas klaargemaak, en hoewel die nuutste aflewering nog nie op Netflix beskikbaar is nie, kan jy wel S1-7 lag-lag deurdraf. Geniet ook hierdie blooper video!

Met Andy Samberg, Andre Braugher, Stephanie Beatriz en Melissa Fumero. Regie deur Clair Scanlon en ander.

Like A Boss

Twee beste vriende se vennootskap en hul skoonheidsbesigheid is op die spel wanneer hulle deel van ’n veel groter maatskappy word.

Met Tiffany Haddish, Rose Byrne en Salma Hayek. Regie deur Miguel Arteta.

Squid Game

Honderde spelers ontvang ’n vreemde uitnodiging om aan kinderspeletjies met ’n kinkel deel te neem. Maar om groot somme geld te wen, kom met dodelike risikos.

Met Lee Jung-jae, Park Hae-soo en Wi Ha-jun. Regie deur Dong-hyuk Hwang.

Grace and Frankie S1-7

Hulle is nie vriende nie, maar hul manne het hulle gelos vir mekaar – so begin die properse Grace en eksentrieke Frankie se wonderlike vriendskap.

Met Jane Fonda, Lily Tomlin en Martin Sheen. Regie deur Alex Hardcastle

Nog hoogtepunte

  • Schumacher
  • Pose S1-3
  • Midnight Mass
  • Omar
  • Ghost Hunting

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies