Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Mei 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Dié stroomdiens se eerste oorspronklike Nigeriese fiksiereeks, ‘Blood Sisters’, ’n nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, ‘Savage Beauty’, en ’n fiktiewe vertelling van die man wat die term Stockholm-sindroom geïnspireer het.

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022

The Pentaverate 

’n Kanadese joernalis bevind hom in die middel van ’n storie van ’n leeftyd, of eintlik ’n heel paar leeftye, as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.

Mike Myers van Austin Powers-faam is die dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Hoewel die fliek glad nie goed by die loket gevaar het nie, het dit sedertdien ’n kultusaanhang ontwikkel. 

Vanaf 5 Mei. 

Kyk ook:

Clark 

Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie, waarmee hy die hele Swede geflous het en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Jonas Åkerlund regisseer dié fiktiewe vertelling.

Vanaf 5 Mei.

Kyk ook:

Blood Sisters 

Blood Sisters is Netflix se eerste oorspronklike Nigeriese reeks. 

Blood Sisters, ’n misdaadriller, speel in Lagos af en vertel die verhaal van ’n bruid wat deur haar verloofde mishandel word en hom dan, per ongeluk, kort voor die troue doodmaak. 

Vanaf 5 Mei. 

Kyk ook:

Savage Beauty

Vyftien jaar gelede het Don en Grace Bhengu ’n toksiese produk op straatkinders uitgetoets. Daar was egter twee kinders wat oorleef het en een, Zinhle, is vasbeslote om wraak te neem. Sy kry dit reg om haarself deel van die Bhengu-familie se binnekring te maak om só hul geheime bloot te lê en die familie se wêreldbekende skoonheidsbesigheid te vernietig. 

Vanaf 12 Mei. 

Kyk ook:

Ook nuut op Netflix

2 Mei 2022

  • Octonauts: Above & Beyond: Season 2 – Netflix Kids & Family Series

3 Mei 2022

  • Hold Your Breath: The Ice Dive – Netflix Documentary

4 Mei 2022

  • Summertime: Season 3 – Netflix Series
  • El marginal: Season 5 – Netflix Series
  • Meltdown: Three Mile Island – Netflix Documentary
  • 40 Years Young – Netflix Film

5 Mei 2022

  • Wild Babies – Netflix Documentary

6 Mei 2022

  • Welcome to Eden – Netflix Series
  • The Sound of Magic – Netflix Series
  • Along for the Ride – Netflix Film
  • The Takedown – Netflix Film
  • Thar – Netflix Film

8 Mei 2022

  • Christina P: Mom Genes – Netflix Comedy Special

9 Mei 2022

  • Ghost in the Shell: SAC_2045 Sustainable War – Netflix Film

10 Mei 2022

  • Workin’ Moms: Season 6 – Netflix Series

11 Mei 2022

  • Brotherhood: Season 2 – Netflix Series
  • The Getaway King – Netflix Film
  • Our Father – Netflix Documentary
  • 42 Days of Darkness – Netflix Series

12 Mei 2022

  • Maverix – Netflix Kids & Family Series

13 Mei 2022

  • The Life and Movies of Erşan Kuneri – Netflix Series
  • New Heights – Netflix Series
  • Senior Year – Netflix Film
  • Bling Empire: Season 2 – Netflix Series 
  • The Lincoln Lawyer – Netflix Series (Ed’s Choice)

16 Mei 2022

  • Vampire in the Garden- Netflix Series

18 Mei 2022

  • Love on the Spectrum U.S. – Netflix Series
  • Cyber Hell: Exposing an Internet Horror – Netflix Documentary
  • The Perfect Family – Netflix Film
  • Who Killed Sara?: Season 3 – Netflix Series

19 Mei 2022

  • A Perfect Pairing – Netflix Film
  • The G Word with Adam Conover – Netflix Documentary
  • The Photographer: Murder in Pinamar – Netflix Documentary
  • The Boss Baby: Back in the Crib – Netflix Kids & Family Series

20 Mei 2022

  • Wrong Side of the Tracks – Netflix Series
  • F*ck Love Too – Netflix Film
  • Love, Death & Robots: Volume 3 – Netflix Series

23 Mei 2022

  • Godspeed – Netflix Film
  • Sea of Love – Netflix Kids & Family Series

25 Mei 2022

  • Somebody Feed Phil: Season 5 – Netflix Series
  • Larva Pendant – Netflix Film

26 Mei 2022

  • My Little Pony: Make Your Mark – Netflix Kids & Family Series

27 Mei 2022

  • Stranger Things S4 – Netflix Series (Ed’s Choice) 

30 Mei 2022

  • Mighty Little Bheem: I Love Taj Mahal – Netflix Kids & Family Series

31 Mei 2022

  • Rodrigo Sant’Anna: I’ve Arrived – Netflix Comedy Special
  • The Circle: Season 4 – Netflix Series
  • The Future Diary: Season 2 – Netflix Series
  • Insiders: Season 2 – Netflix Series

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies