Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Okt 2021]

Wat om te kyk op DStv in November ’21


Die kyker-gunsteling ‘Alles Malan’ keer terug vir nog ’n seisoen, en Dexter is toe al die tyd nie klaar gemoor nie…

Wat om te kyk op DStv in November ’21

The Death of Bruce Lee

Die legendariese akteur en gevegskuns-ster Bruce Lee is in die jong ouderdom van 32 in 1973 weens oortollige vog op die brein (serebrale edeem) dood. Sedertdien is daar wyd bespiegel oor wat dit veroorsaak het.

Dié twee ure lange dokumentêre prent ondersoek van die gewildste teorieë oor sy dood en maak gebruik van dokumente wat nog nooit vantevore vrygestel is nie, waaronder die polisieverslag, Bruce se mediese rekords, en getuienis van sy familie, vriende, gevegskuns-studente, medesterre en minnaars. 

Kyk op 14 November om 20:15 op die History Channel (DStv-kanaal 186).

Mom S8

Die agtste – en finale – seisoen van dié bekroonde sitkom premiere op 20 November…sowat ses maande nadat dit in Amerika en elders in die wêreld ten einde geloop het.

Die reeks deur die komedie-genie Chuck Lorre (The Big Bang Theory, Young Sheldon, Two and a Half Men) is effe onverwags beëindig nadat Anna Faris besluit het sy is klaar met die rol van Christy. Die nuus het glo almal onkant gevang en daar is besluit om ’n laaste seisoen, sonder Anna, te vervaardig – Christy verskyn dus nie in dié seisoen nie. Dié is vort om regte aan ’n universiteit aan die ander kant van die land te swot en nou moet haar ma, Bonnie (Allison Janney), leer om aan te pas.  

Vanaf 20 November om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Alles Malan S2 

Een van kykNET se gewildste reekse keer terug vir ’n tweede seisoen – nadat kykers vir twee jaar op hete kole moes wag! Die aflewering speel drie jaar ná die afloop van die eerste seisoen af en ons maak weer die wel en weë van die Malan-familie mee. 

Herman Kleinhans sing die temalied.

Vanaf 30 November om 20:00, elke Dinsdag op kykNET (DStv-kanaal 144). Die eerste seisoen is nou op Showmax.

Op Seer se Spoor

Op Seer se Spoor keer kykers saam met Kuier se artikel-redakteur, Ernusta Maralack, terug na die tonele van die wreedste moorde in die Wes-Kaap. Die derde seisoen is nou op kykNET en bied ’n roerende blik op ons medemens se hartseer weens die koelbloedigheid van ander. 

Elke Dinsdag om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Ook beskikbaar op DStv Catch Up.

Kyk die eerste twee seisoene op Showmax.

Dexter: New Blood 

Die reboot speel nagenoeg 10 jaar ná die reeks se laaste seisoen af. Dexter het intussen na ’n fiktiewe dorp, Iron Lake, getrek, en sy naam na Jim Lindsay verander.

Die weergawe bestaan uit slegs 10 episodes, maar dis meer as genoeg vir Michael C. Hall om sy reeksmoordenaar-rol te hervat en ons vir jare vorentoe angsbevangte te laat. (Ons herstel steeds van die oorspronklike reeks se gruwel.)

Dexter het oor die loop van agt seisoene tussen 2006 en 2013 talle benoemings en toekennings ontvang, maar die finale in 2013 het vele kykers warm onder die kraag gemaak. Trouens – die laaste episode is een van die mees gehate slotepisodes nog…slegs ’n kortkoppie agter daai onnosele Game of Thrones-finale…

Vanaf 8 November met nuwe episodes elke Maandagaand om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101). 

Kyk S1-8 op Showmax.

Nog hoogtepunte

1 November 

  • Ry of bly? S1 (VIA, DStv-kanaal 147)

7 November 

  • Promising Young Woman (M-Net, DStv-kanaal 101)
  • The Matrix-trilogie (TNT, DStv-kanaal 137)
    • 17:45 The Matrix (1999)
    • 20:00 The Matrix Reloaded (2003)
    • 22:15 The Matrix Revolutions (2003)

10 November

  • Come Dine With Me South Africa S7 (BBC Lifestyle, DStv-kanaal 174)

15 November

  • Die PappaChef Show S1 (VIA, DStv-kanaal 147)

19 November

  • Cakealikes S1 (Food Network, DStv-kanaal 175)

22 November

  • Masterchef S17 (BBC Lifestyle, DStv-kanaal 174)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies