Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Des 2021]

Wat om te kyk op DStv in Desember ’21


Prinses Diana, Tina Turner en Sex and the City se sexy, snaakse, stadsvrou-trio – hier is van die hoogtepunte op DStv se kalendar vandeesmaand.

Wat om te kyk op DStv in Desember ’21

Tina

Hierdie splinternuwe twee uur lange dokumentêr neem ons binne die lewe en loopbaan van die briljante, legendariese en vasberade sanger Tina Turner.

Dit gee die kyker ’n blik oor die astronomiese uitdagings en terugslae wat sy in haar lewe ervaar – en oorleef – het om uiteindelik ’n musiekfenomeen op die wêreldverhoog in die 1980’s te word. Tina praat self in die dokkie, ook met met Angela Bassett en Oprah Winfrey.

Kyk Donderdag, 16 Desember op M-Net (DStv-kanaal 101) om 19:30.

Onthou My

Vir die afgelope vyf jaar van sy lewe, word Gerrie Kachelhoffer van Pretoria elke oggend wakker met geen herinnering van wie hy is of waar hy is nie. Sy vrou, Yvonne, maak seker dat sy soggens voor hom wakker word om hom te help onthou.

Dit klink amper presies soos 50 Firsty Dates, die snaaks-hartseer fliek waarin Drew Barrymore se geheue, soos Gerrie s’n, haar snags as sy slaap ontgaan, en die dolverliefde Adam Sandler wat, soos Yvonne, elke oggend haar opnuut van haar lewe moet herinner. Maar, anders as dié fliek, is die dokkie ’n ware, ongeromantiseerde verhaal.

Onthou my word Sondag 19 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Diana: The Interview that Shocked the World

Meer as 22 miljoen mense het Martin Bashir se plofbare onderhoud met Diana, prinses van Wallis, in 1995 gekyk. Sy het toe vir die eerste keer gepraat oor wat wérklik in haar huwelik met prins Charles gebeur het, en hoe die lewe binne die koninklike familie en die openbare kollig haar geestesgesondheid beïnvloed het.

Die onderhoud is sedertdien wyd veroordeel – veral oor hoe Bashir die onderhoud vir die BBC-program Panorama met haar gekry het. ’n Verslag is vroeër vanjaar gepubliseer wat bevind het Bashir het onder meer vervalste dokumente gebruik om Diana te oorreed om die onderhoud te doen.

Kyk Donderdag, 16 Desember op M-Net (DStv-kanaal 101) om 19:30.

And Just Like That

Die lang verwagte Sex and the City-spin-off, And Just Like That, premiere op 13 Desember op M-Net (DStv-kanaal 101).

Die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King, volg Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel – maar die keer is hul effe ouer…Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie!

Daar was heelwat omstredenheid oor een van die oorspronklike karakters, Samantha (Kim Cattrall) wat nie vir die spin-off terugkeer nie (of sy wou of nie…) en in die nuwe reeks bevind dié karakter haar straks in Londen. 

Waar om te kyk: M-Net (DStv-kanaal 101) met ’n dubbel-premiere op Maandag, 13 Desember om 20:30. Intekenare met ’n gekoppelde DStv Explora en die DStv-app kan episodes pas ná die uitsending in Amerika elke Vrydag vanaf 10 Desember kyk. 

Ook in die rolverdeling is Sara Ramírez, Sarita Choudhury, Nicole Ari Parker, Karen Pittman, Chris Noth, Mario Cantone, David Eigenberg, Willie Garson en Evan Handler.

En tog die Deuntjie Draal: Die Koos du Plessis verhaal 

Meer as 37 jaar ná Koos du Plessis se afsterwe, is hy steeds ’n legende in die Afrikaanse musiekbedryf. Dié dokumentêr gee ’n blik op sy lewe en loopbaan deur die oë van sy geliefdes, vriende en kollegas.

En tog die Deuntjie Draal: Die Koos du Plessis verhaal wys Saterdag 18 Desember om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Meet the Meerkats S1

Rob Delaney is die verteller van dié diere-“sepie” wat die storie vertel van twee skare meerkatte wat van dierehandel gered is, en hoe hulle aanpas by hul nuwe lewe in die Kalahari-woestyn. Ons sien die geboorte van baba-meerkatte, kyk hoe ’n enkelma sukkel om haar kroos alleen groot te maak, asook meer oor hoe die meerkatte jag, flankeer en oorleef.

Kyk vanaf Saterdag, 18 Desember op Discovery Channel (DStv-kanaal 121) om 20:00.

Nog hoogtepunte:

1 Desember

  • Strange Love
  • Mismatched
  • Wedding Planners
  • The Insolent Heart
  • Illusion
  • I Dare You to Leave
  • Road to Destiny

5 Desember

  • 90 Day Fiance: The Other Way S3
  • Pillow Talk: The Other Way

6 Desember

  • MasterChef Australia S13

7 Desember

  • Nurses S2
  • Attack on Pearl Harbor: Minute by Minute S1
  • Eugenics: Science’s Greatest Scandal
  • Real Housewives of Dallas S5
  • The Bachelorette Australia S6

8 Desember

  • Chicago Med S1

10 Desember

  • Unforgettable S4

11 Desember

  • Kids Say the Darndest Things with Tiffany Haddish S2

14 Desember

  • Survivor Australia S8
  • Inside the Mind
  • FBI S3

17 Desember

  • Girl Powered: The Spice Girls Story

19 Desember

  • Wrath of Man

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies