Menu terloops
In Wat om te kyk [12 Jun 2023]

Wat om te kyk: Nuut op TV vanaf 12-18 Junie 2023


Wat om te kyk: Die heerlike sitkom, ‘Colin from Accounts’; die terugkeer van ‘Black Mirror’ met ’n ysingswekkende sesde seisoen; en die ware misdaad-dokkiereeks, ‘Rosemary’s Hitlist’, tel onder ons top-keuses om hierdie week te kyk. En daar’s meer!

Wat om te kyk: Nuut op TV vanaf 12-18 Junie 2023

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Colin From Accounts 

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 16 Junie 2023, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

“Regtig nogal wonderlik.” Dít is die eenvoudige, maar hoë lof vanaf The Guardian se Lucy Mangan oor die Australiese komediereeks, Colin From Accounts

Dié reeks is geskep en geskryf deur die egpaar Patrick Brammall en Harriet Dyer, wat dan ook die hoofrolle vertolk. Colin From Accounts speel af in Sydney, Australië en draai om twee enkellopendes, Ashley (Dyer) en Gordon (Brammall), wie se lewens deur ’n motorongeluk – en ’n beseerde hond – omgedolwe en vandaar onlosmaaklik verweef word.

Dalk is dit omdat hulle ook in die “regte lewe” getroud is, maar die chemistry tussen Dyer en Brammall is tasbaar en dra mildelik by tot die lieflikheid van dié moderne romanse. 

Shaka iLembe

Weeklikse episodes vanaf Sondag, 18 Junie 2023, om 20:00 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161)

Dié geskiedkundige dramareeks vertel die verhaal van die ikoniese Zoeloekoning, Shaka. Oor die loop van 12 episodes word ’n fiktiewe interpretasie van die historiese gebeure rondom dié Afrika-koning se opkoms en heerskappy uitgebeeld. 

Shaka iLembe is al ses jaar in wording met die verfilming wat dan uiteindelik in 2022 begin het. Hoewel die vertelling fiksie is, is ’n verskeidenheid kenners en historici, asook familie-afstammelinge, waaronder wyle koning Goodwill Zwelithini, en die voormaligte IVP-leier, Mangosutho Buthelezi, geraadpleeg om die reeks so outentiek as moontlik te maak. 

Luidens ’n mediaverklaring is die reeks die grootste plaaslike produksie wat die Mzansi Magic-kanaal (161) al onderneem het met onder meer as 2000 kostuums wat vir die reeks gemaak is. 

Die rolverdeling sluit in Lemogang Tsipa as die volwasse Shaka, die nuweling Ntando Zondi as jong Shaka en Nomzamo Mbatha as koningin Nandi. 

Black Mirror S6

Vanaf Donderdag, 15 Junie 2023, op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Charlie Brooker se satiriese en donker anthology-reeks, Black Mirror, is terug met ’n sesde seisoen. Soos met die vorige seisoene speel elke episode van dié sci-fi-reeks – wat dikwels as ’n moderne herverwerking van The Twilight Zone beskryf word – op ’n unieke manier uit. Hoewel elke episode ’n ander storie vertel, is ’n distopiese toekoms en tegnologie as gevaar die default vertrekpunt vir elkeen.

Onder die rolverdeling vir dié seisoen tel Aaron Paul, Anjana Vasan, Annie Murphy, Auden Thornton, Ben Barnes, Danny Ramirez, Himesh Patel, John Hannah, Josh Hartnett, Kate Mara, Michael Cera, Rob Delaney, Rory Culkin en Salma Hayek Pinault in. 

Rosemary’s Hitlist 

Weeklikse episodes vanaf Woensdag, 14 Junie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Rosemary’s Hitlist is ’n nuwe Showmax ware misdaad-dokkiereeks oor die reeksmoordenaar Nomia Rosemary Ndlovu. 

Dié oudpolisielid het tussen 2012 en 2018 sluipmoorde op haar kêrel en vyf van haar familielede (onder andere haar suster) laat uitvoer om die voordele van hul lewenspolisse te bekom. Rosemary is uiteindelik in 2021 skuldig bevind en lewenslange tronkstraf vir elk van die moorde opgelê. 

Die vierdelige dokkiereeks is deur IdeaCandy vervaardig – dieselfde span wat vir Devilsdorp verantwoordelik was. 

Nog nuwe reekse: 

  • The Surrogacy 
    Vanaf Woensdag, 14 Junie 2023, op Netflix beskikbaar om te stroom. 
  • Naked & Afraid: Solo
    Woensdae vanaf 14 Junie 2023 om 20:55 op Discovery (DStv-kanaal 121).
  • All American: Homecoming S2
    Vanaf Vrydag, 16 Junie 2023, op Showmax beskikbaar.
  • Conjuring Kesha
    Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 16 Junie 2023 om 20:05 op Travel Channel (DStv-kanaal 179).
  • King the Land 
    Vanaf Saterdag, 17 Junie 2023, op Netflix beskikbaar.  
  • See You in My 19th Life 
    Vanaf Saterdag, 17 Junie 2023, op Netflix beskikbaar. 

Nog nuwe flieks: 

  • The Intern 
    Stroom vanaf Maandag, 12 Junie 2023 op Showmax. 
  • The Woman King
    Stroom vanaf Maandag, 12 Junie 2023 op Showmax. 
  • We’re the Millers
    Stroom vanaf Maandag, 12 Junie 2023 op Showmax. 
  • The Northman 
    Vanaf Donderdag, 15 Junie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom. 
  • Extraction 2 
    Stroom vanaf Vrydag, 16 Junie 2023, op Netflix. 
  • Black Clover: Sword of the Wizard King 
    Stroom vanaf Vrydag, 16 Junie 2023, op Netflix. 

Nog nuwe dokkies en programme

  • Amy Schumer: Emergency Contact
    Beskikbaar om op Netflix te stroom vanaf Dinsdag, 13 Junie 2023. 
  • Our Planet II
    Vanaf Woensdag, 14 Junie 2023, op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies