Menu terloops
In Wat om te kyk [20 Jun 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Hartklop’, kykNET se eie, Afrikaanse, ‘Grey’s Anatomy’


Leandie du Randt, David Louw, Simoné Pretorius, Dawid Minnaar en Jacques Bessenger tel onder die akteurs wat deel is van kykNET se nuwe hospitaaldramareeks, ‘Hartklop’, wat eersdaags op die kanaal begin.

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Hartklop’, kykNET se eie, Afrikaanse, ‘Grey’s Anatomy’
Kyk lokprent

As jy nog altyd iets soos Grey’s Anatomy, The Good Doctor, Chicago Med of New Amsterdam in Afrikaans en binne ’n plaaslike konteks wou sien, is kykNET se nuwe reeks glo net die regte doepa, lui ’n mediaverklaring van die kanaal.

Hartklop, wat ’n merkwaardige 178 rolle met dialoog het, het verskeie groot name in die rolverdeling. Sommige van dié is deurlopend, terwyl ander gasrolle is. Buiten Leandi du Randt, David Louw, Simoné Pretorius, Dawid Minnaar en Jacques Bessenger, is daar ook spelers soos Renate Stuurman, David Louw, en Oros Mampofu. Nog bekendes sluit Carla Classen, Marlee van der Merwe, Christel van den Bergh, Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Christo Davids, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch in.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes, op Showmax) geskryf. Die regisseurs is Harold Hölscher (Ludik, op Netflix) en Christo Davids (Spoorloos, op Showmax). 

Agter die skerms

Die hospitaaltonele is in sale en teaters in die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die storielyne se mediese gevalle is gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak. 

“Ons het besluit om die reeks in ’n staatsopleidingshospitaal te laat afspeel omdat dit nie net verteenwoordigend van Suid-Afrika is nie, maar ook om te wys dat ons van die beste mediese fakulteite in die wêreld het,” sê Zoë.

“Ons plaaslike dokters is superhelde. Daar is militêre dokters van oral oor wat Suid-Afrika toe kom vir hul opleiding, juis omdat ons hospitale soms soos oorlogsones lyk. Dan is daar natuurlik die ander kant – die dokters se persoonlike lewens en die impak wat hulle werk daarop het.” 

Kykers sal dus ook in die TV-dokters se persoonlike lewens ingetrek word. Of dit so smartsage-agtig soos Grey’s Anatomy gaan wees, sal ons moet sien!


Hartklop begin op Dinsdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies