Menu terloops

Vikings: Valhalla

Op Netflix [Gepubliseer op 25 Feb 2022]


‘Vikings: Valhalla’ speel meer as ’n eeu ná die einde van die History Channel se bloedige ‘Vikings’ af.

Vikings: Valhalla
Kyk lokprent

Vikings: Valhalla speel meer as ’n eeu na die einde van die oorspronklike Vikings-reeks af. 

Dit vertel oor die heldhaftige avonture van die beroemdste Vikings wat ooit geleef het, soos die legendariese ontdekkingsreisiger Leif Eriksson (Sam Corlett), sy vurige en koppige suster Freydis Eriksdotter (Frida Gustavsson), en die ambisieuse prins Harald Sigurdsson (Leo Suter).

Spanning tussen die Vikings en die Engelse koninklikes bereik ’n bloedige breekpunt terwyl die Vikings ook onder mekaar stry kry oor hul botsende geloofsoortuigings.

Soos die History Channel se reeks, word drama en aksie met die geskiedenis van die Vikings vermeng. Maar, dié reeks is egter eenvoudiger in hoe die verskillende storiedrade verweef word.

As ’n geheel, is dit dus makliker om te volg as die vorige vertelling wat soms by smartsaga-drama kon draai. Maar, bygesê, die Vikings se alledaagse bestaan was dalk selfs meer innig dramaties… Diesnieteenstaande is dit steeds ’n uitmuntende, meesleurende reeks en Vikings: Valhalla het dus baie om te bewys.

Vanaf 25 Februarie op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies