Menu terloops

Vigil S1

Op Showmax [Gepubliseer op 2 Mar 2022]


As ’n bemanningslid aan boord die kernduikboot HMS Vigil dood aangetref word, stel twee speurders ondersoek in – een ter see, een op land.

Kyk nou

Vigil S1
Kyk lokprent

Vigil het ’n 84% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met Wall Street Journal wat dit as “een van die beter rillerreekse van die jaar” beskryf. 

As ’n bemanningslid aan boord die kernduikboot HMS Vigil dood aangetref word, word ’n polisieondersoek van stapel gestuur. 

Speurder Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack) en Speurder Kirsten Longacre (BAFTA-wenner Rose Leslie van Game of Thrones en The Good Fight) lei die ondersoek ter see én op land.

Terwyl Silva sukkel om samewerking van die Vigil se bemanning te kry, kry die kyker ’n blik op haar verlede wat in sarsies via terugflitse gedeel word. Nes Silva ter see, besef Longacre gou dat die bemanningslid se moord net die oortjies van die seekoei is. Mettertyd ontdek hulle saam-saam ’n sameswering wat tot in die oppergesagte van Brittanje se nasionale veiligheid-afdeling strek. 

Vigil is deur dieselfde skeppers as die senutergende misdaadreeks Line of Duty vervaardig.

Vigil se ensemble-rolverdeling sluit ook ander sterre in, waaronder die Emmy-benoemde Stephen Dillane (Stannis in Game of Thrones). Anjli Mohindra (The Bodyguard), Connor Swindells (Adam in Sex Education) en BAFTA-benoemde Gary Lewis (Billy Elliot) verskyn ook.

Stroom vanaf 1 Maart. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies