Menu terloops
In Onderhoude [20 Jun 2024]

Van ‘Getroud met Rugby’ na ‘Diepe Waters’: 5 vrae aan akteur Vaughn Lucas


Die veelsydige akteur Vaughn Lucas keer ná etlike jare terug na kykNET as hy die waters by die Swart Marlyne kom toets…

Kyk 'Diepe Waters'

Van ‘Getroud met Rugby’ na ‘Diepe Waters’: 5 vrae aan akteur Vaughn Lucas

Hy was te sien in sepies soos Isidingo7de Laan en Generations, en as Denver Cloete in Getroud met Rugby en Cranston Williams in Legacy het Vaughn Lucas verder aan sy fan base gebou. Intussen het hy ook gespeel in M-Net se Desert Rose, die plaaslike Netflix-treffer Savage Beauty en die Showmax-rillerreeks, Catch Me a Killer. Van 24 Junie is hy egter terug in Afrikaans op kykNET as maak hy sy buiging as André Jordaan in Diepe Waters maak.

André is ’n ou vriend van Jacques, en hy ken vir beide Jacques en Theresa van skooldae af. Ná skool was André oorsee om rugby te speel. Maar hy’s nou terug in Suid-Afrika om vir sy pa se konstruksiemaatskappy te werk. Die vonke spat egter wanneer hy weer vir Jacques en Theresa sien…

Vaughn Lucas, Mandi du Plooy, Diepe Waters
Wat gaan tussen dié tweetjies aan…?

Vaughn, hierdie is jou eerste keer terug op kykNET ná Getroud met rugby. Waarmee was jy intussen besig?

“Die laaste paar jaar is my tyd in beslag geneem deur optredes in verskeie Engelse en Afrikaanse film- en televisieproduksies, internasionale werk en ’n teaterstuk, Ruined, by die Mark-teater.”

Suid-Afrikaanse gehore kan beslis verwag om vanjaar meer van my op hulle skerms te sien.

Vaughn Lucas

Vertel ons meer van jou rol as André.

“André is Jacques se beste vriend van hoërskool. Alhoewel André ’n internasionale rugbyspeler geword het en Jacques ’n wêreldbekende swemmer, het hul band altyd sterk gebly. Maak nie saak wat die lewe na hulle kant toe gooi nie, hulle is altyd daar vir mekaar.”

As jy nie ’n akteur was nie, wat sou jy wou doen?

Ek sou graag ’n mediese dokter wou wees, en wie weet, miskien sal ek eendag… Maar Suid-Afrikaanse gehore kan beslis verwag om vanjaar meer van my op hulle skerms te sien.

Wat is jou droomrol en teenoor wie sal jy graag wil speel?

Ek sal graag ’n held teenoor die Amerikaanse akteur Neal McDonough (Suits, Arrow, DC’s Legends of Tomorrow) wil speel. Hy is ’n fenomenale, baie onderskatte akteur wat altyd sulke goeie skurke speel. Sir Christopher Lee (Lord of the Rings-trilogie, The Hobbit) is ongelukkig nie meer met ons nie, maar ek sou wat wou gee om enige rol teenoor hom te speel.

Hoe moeilik is dit vir jou om ’n geheim te hou?

“As ek weet dat die bewaar van die geheim iemand sal beskerm, dan is dit redelik maklik om te doen. As dit egter skade sou veroorsaak om die geheim te hou, sal ek vra om liewer nie van die geheim te weet nie.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies