Menu terloops
In Lysie-lysie [29 Mar 2025]

Vakansiekykstof! 7+ flieks en reekse vir die jongklomp


Van familievriendelike lokettreffers tot betowerende TV-avonture – dié sewe stories op Showmax behoort die jongklomp (en selfs die ouer klomp!) dié vakansie vir ’n wyle te vermaak.

Vakansiekykstof! 7+ flieks en reekse vir die jongklomp

Hier is ons keur van die beste kindervriendelike-reekse en -flieks om dié vakansie te kyk.

Dié lys flieks en reekse het verskillende ouderdomsperke – alles is dus nie vir alle ouderdomsgroepe geskik nie.

1

Die Hunger Gamesprequel, The Ballad of Songbirds & Snakes, speel af sowat 64 jaar voordat Katniss Everdeen haar hand opgesteek het om haar sussie te red. Dekades voordat hy die tiranniese president van Panem sou word, is die 18-jarige Coriolanus Snow die laaste hoop vir sy gesin, wat ná die oorlog hul trots en aansien in die hoofstad verloor het. Met die jaarlikse Hunger Games wat vinnig aanbreek, is die jong Snow geskok as hy toegewys word om Lucy Gray Baird, ’n tribute uit die arm Distrik 12, te mentor. Maar Snow dink hy kan dinge in hul guns draai.

Die fliek se rolverdeling word gelei deur Tom Blyth (Billy the Kid) as Snow en Golden Globe-wenner Rachel Zegler (Snow White) as Lucy. Ook met Oscar-wenner Viola Davis (The Woman King), Emmy-wenner Peter Dinklage (Game of Thrones) en Hunter Schafer (Euphoria). 

Die vyfde aflewering in dié mega-franchise is as die aksiefliek van die jaar by 2024 se People’s Choice-toekennings aangewys.

Jy kan ook die eerste vier flieks op Showmax kyk.

2

Tiddler is aangepas vanaf die topverkoper-prenteboek deur Julia Donaldson en illustreerder Axel Scheffler, en vertel die storie van ’n klein vis met ’n groot verbeelding wat verlore raak in die diep, wye oseaan – totdat sy eie storievertelling hom red. 

Die Daily Telegraph het dit vyf sterre gegee en beskryf dit as “fynbesnaar om kinders te betower”.

3

The Famous Five is gegrond op Enid Blyton se ikoniese kinderboeke. Die storie volg Julian, Dick, Anne, George, en hul lojale hond, Timmy, soos dié jong ontdekkers aksiebelaaide avonture beleef.

Soos The Spectator sê: “The Famous Five is daardie baie seldsame en spesiale ding: ’n TV-program wat sowel kinders as volwassenes ten volle kan geniet.”

4

Despicable Me 4 sien hoe Gru, Lucy en die meisies ’n nuwe lid tot die gesin verwelkom: Gru Jr… en dié outjie is vasbeslote om sy pa te teister.

Die gesin moet egter op die vlug gaan as Gru ’n nuwe vyand teëkom: Maxime Le Mal en sy femme fatale-meisie, Valentina. 

Die stemkuns is deur onder andere die Oscar-benoemde Steve Carrell en Kristen Wiig as Gru en Lucy, met Emmy-wenner Will Ferrell as Maxime Le Mal en Emmy-benoemde Sofia Vergara as Valentina. 

5

The Wild Robot

Vanaf Sondag, 13 April 2025.

The Wild Robot, gegrond op Peter Brown se topverkoperboek, vertel die storie van Roz, ’n robot wat op ’n onbewoonde eiland gestrand is, en dan moet leer om aan te pas by die harde omstandighede. Geleidelik bou Roz verhoudings met die diere op die eiland, en neem selfs ’n jong wees-eendjie aan.

The Wild Robot is vir drie Oscars benoem, waaronder beste animasieprent. Die Keniaanse Oscar-wenner Lupita Nyong’o behartig die stemkuns vir Roz, met die res van die rolverdeling wat onder andere Pedro Pascal, Mark Hamill, Catherine O’Hara, Bill Nighy en Stephanie Hsu insluit. 

6

Transformers One

Vanaf Sondag, 20 April 2025. 

Transformers One vertel die onbekende oorsprongstorie van Optimus Prime en Megatron. Waar hulle nou as geswore vyande bekend is, was hulle vroeër vriende, bondgenote soos broers, wat die lot van Cybertron vir ewig verander het.

Transformers One het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is vir ’n rits pryse benoem.

7

Strange New Worlds dien as ’n tipe prequel vir Star Trek: The Original Series. Dit volg die Star Trek: Discovery-gunstelinge, Kapt. Christopher Pike (Anson Mount), Spock (Ethan Peck), en Number One (Rebecca Romijn) soos hulle nuwe wêrelde in die melkweg aan boord die USS Enterprise verken.

Strange New Worlds het ’n punt van 98% op Rotten Tomatoes – die hoogste van die franchise – met die kritici-konsensus wat meen dié reeks bring die gevoel van “grenslose ontdekking” wat die franchise doerietyd gedefinieer en geliefd gemaak het, terug. 

En nog!

Nog kindervriendelike opsies:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies