Menu terloops

The Witcher S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 29 Jun 2023]


Ons moes amper té lank asem ophou vir hierdie een, maar siedaar, die nuutste seisoen van die heerlike fantasiereeks, ‘The Witcher’, is uiteindelik op Netflix beskikbaar.

The Witcher S1-3

Met die aanvang van die derde seisoen van The Witcher, is daar allerlei vyande op Geralt (Henry Cavill), Ciri (Freya Allan) en Yennefer (Anya Chalotra) se spoor. Terwyl Yennefer vir Ciri help om haar towerkragte baas te raak, probeer Geralt hierdie klein gesinnetjie van hom van toenemende bedreigings en gevaar uit alle oorde te beskerm. 

Indulge maar in hierdie laaste bietjie visuele genot van Henry Cavill se perfekte… beenstruktuur. Nee, dis nie die laaste seisoen van The Witcher nie, maar dit is wel die laaste keer wat Cavill as die magiese en magtige Geralt gaan verskyn. Hy word deur Liam Hemsworth vervang.

Die reeks se tweede seisoen het groot lof ingepalm, met talle resensente wat meen dat dit ’n groot verbetering op die eerste aflewering was – veral die karakterontwikkeling en vertelling self betref. Die kritici-konsensus op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes lui: “The Witcher se tweede seisoen brei uit op die eerste op al die beste maniere – en die belangrikste van als, dit bly ’n reuse-pret.”


Deel 1 van die derde seisoen is vanaf 29 Junie 2023 op Netflix beskikbaar. Die tweede deel van die seisoen sal na verneem word kort daarna vrygestel word. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies