Menu terloops

The Wife S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 18 Nov 2022]


‘The Wife’ is Showmax se eerste oorspronklike telenovela. Die derde – en laaste – seisoen, is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

The Wife S1-3
Kyk lokprent

1Magic se The River en Mzansi Magic se Gomora is onder die top-10 programme op Showmax vir die eerste deel van 2021, maar die stroomdiens het nog nooit ’n oorspronklike Showmax-telenovela gehad nie. Tot nou toe.

Die reeks is gegrond op Dudu Busani-Dube se topverkoper-boek Hlomu the Wife.

The Wife is vervaardig deur Stained Glass wat verantwoordelik was vir SAFTA-wenners soos eHostela en Uzalo, Suid-Afrika se gewildste sepie.

Die derde seisoen draai om twee star-crossed lovers. Aan die een kant is daar die Tswana-dokter Naledi Montsho, en aan die ander is die Zoeloe-taxibestuurder, Qhawe. Naledi word deur Gaisang K Noge vertolk, met Kwenzo Ngcobo as Qhawe.

“Met Naledi wat vermis word en die Zoeloe-broers se misdade nou voorbladnuus, gaan die derde en laaste seisoen van The Wife hoogdrama oplewer,” sê die reeks se hoofskrywer, Busisiwe Ntintili. 

Kyk uit vir die SAFTA-wenner Wiseman Mncube wat as Mqhele by die rolverdeling aansluit. Ander nuwe gesigte in die rolverdeling sluit in Sello Motloung (Blood Psalms) as Naledi se pa, Kgosi en Mo Setumo as Tshidi, Naledi se ouer suster.

Vanaf 10 November op Showmax beskikbaar. Drie nuwe episodes word elke Donderdag vrygestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies