Menu terloops

The Ultimatum: Marry or Move On

Op Netflix [Gepubliseer op 11 Apr 2022]


In ‘The Ultimatum’ moet ses paartjies besluit of hul kys kansel of kis toe gaan. Gaan hulle hou en trou, of is dit koebaai meraai?

The Ultimatum: Marry or Move On
Kyk lokprent

In The Ultimatum het ses paartjies het ’n ongemaklike dooiepunt in hul verhoudings bereik. Een maat wil trou, die ander maat voel weer louwarm oor die idee. Die ultimatum van die titel word dan gestel: oor agt weke móét die huiweriges besluit of hulle gaan bly of ry.

Terwyl die paartjies besluit of hulle die knoop gaan deurhak, al dan nie, moet hulle ook ’n potensiële maat uit een van die ander paartjies kies. Die idee hiermee is om te sien hoe ’n lewe met iemand anders dalk kan lyk.

Hoewel die premis van The Ultimatum heel eenvoudig is, is menslike emosies veel meer kompleks. Die sielkunde agter waarom ’n ultimatum in die eerste plek gestel moet word om saam te kan groei en ontwikkel, is reeds uiters problematies. Tog, dis bingeworthy vermaak. Daai ek-kan-nie-wegkyk-nie tipe TV.

Vanaf 6 April op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies