Menu terloops

The Tinder Swindler

Op Netflix [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


In dié dokkie span drie vroue kragte saam om ’n liegbek-Casanova te laat boet nadat hy hulle rot en kaal besteel het.

The Tinder Swindler
Kyk lokprent

The Tinder Swindler vertel die storie van ’n kamma-miljardêr wat ’n klompie vroue ’n rat voor die oë gedraai het.

Dié sogenaamde Casanova het hom voorgedoen as ’n ryk en suksesvolle sakeman en sy teikens het vinnig vir hom geval. Maar dit draai toe uit hy is allesbehalwe ’n catch, en drie vroue neem hul dan voor om dié liegbek te laat boet nadat hy hulle van miljoene beroof het. 

Die vabond se Tinder-profiel het egter eers ná die uitreiking van dié dokkie-film verdwyn. Die man was mos nog heeldag besig om vroue met leuens te bekoor!

The Tinder Swindler het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die topresensent Kevin Maher van The Times (UK) wat dit as die “Jaws van dokumentêre films oor internet-dating” beskryf het. Trouens, dit sou my nie verbaas as ’n hele lot singletons nou selfs meer skepties oor die dating app word – of dit selfs delete – nie.  

Die meesleurende dokkie is deur dieselfde span wat die briljante The Imposter en Don’t F**k with Cats, gemaak het. Paste Magazine het juis gewys op die “frenetiese energie” wat The Tinder Swindler met Don’t F**k with Cats deel.

Stroom nou op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies