Menu terloops

The Suspect S1

Op Showmax [Gepubliseer op 15 Sep 2023]


’n Graf. ’n Kliniese sielkundige met ’n haas perfekte lewe. Maar is daar ’n duiwel wat iewers ronddraai in die eerste seisoen van ‘The Suspect’ op Showmax.

Stroom nou

The Suspect S1
Kyk lokprent

The Suspect, met Aidan Turner in die hoofrol, is gegrond op Michael Robotham se gelyknamige topverkoperboek.

Die storie draai om die kliniese sielkundige dr. Joseph O’Loughlin (Turner) wie se haas perfekte lewe onherroeplik verander as die lyk van ’n jong vrou in ’n vlak graf in Wes-Londen gevind word.

Dis die veteraan-polisiebeampte, Vince Ruiz (Shaun Parkes) en sy rookie partner, Riya Devi (Anjli Mohindra), wat besluit om sy hulp in te roep met die ondersoek na dié ontstellende moord.

Dan is die dokter se held-status, suksesvolle praktyk, en gelukkige gesinslewe in gedrang as dit blyk dat hy eintlik op ’n ander manier by die saak betrokke is…

The Guardian het die reeks vier uit vyf sterre gegee, en skryf dat “Aidan Turner cranks the creepiness up to 11 in [this] fun, sadistic thriller.


The Suspect se eerste seisoen is vanaf 15 September op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies