Menu terloops

The Sandman S1

Op Netflix [Gepubliseer op 5 Aug 2022]


‘The Sandman’ is gegrond op die gelyknamige strokiesprent deur Neil Gaiman wat die onheilspellende wêreld van die bonatuurlike, alternatiewe realiteite en drome verken.

The Sandman S1
Kyk lokprent

Gaiman se The Sandman is ’n kombinasie van donker fantasie, mites en historiese drama waarin Morpheus, oftewel die Heer van The Dreaming (wat ons droomland sou noem), die vertelling stuur. Die storie volg Morpheus en sy pogings om orde in The Dreaming te herstel ná hy uiteindelik van 70 jaar se gevangenesskap in die “waking world” ontsnap. In sy afwesigheid het absolute wanorde in The Dreaming ontstaan. Só begin sy pogings om sy mag en droom-koninkryk in ere te herstel. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan…

Dié verwerking van The Sandman is deur Gaiman self gelei. Aanhangers van die strokiesprent kan dus gerus voel dat die Netflix-reeks getrou aan die oorspronklike gees van die verhaal bly.

Vanaf 5 Augustus op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies